The Edge

Voeg by Gunstelinge

 

Weeksdagaanbod 10 % af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 13 Jan 2020 tot 27 Feb 2020.

Beskrywing

The Edge bied selfsorgverblyf in die onderste deel van 'n baie groot huis in Franskraal, naby die see. Klop hier aan as jy op soek is na ouwêreldse bekoorlikheid.

Dié huis het 3 slaapkamers en bied gerieflike slaapplek vir 6 mense. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander 2 slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Daar is 1 badkamer. Linne vir die beddens word voorsien, maar gaste moet onthou om hul eie strandhanddoeke saam te bring.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof, oond, yskas, broodrooster en mikrogolfoond. Tee, koffie en suiker word voorsien. Daar is 2 ruim leefareas en 'n eetkamerarea.

Ander geriewe sluit 'n TV met DStv (Basies), 'n DVD-speler met 'n versameling DVD's vir die jongspan en 'n goeie versameling boeke in. Daar is ook 'n kaggeltjie in die leefarea wat jou in die winter sal warm hou.

Daar is 'n groot braaiplek buite vir gaste se gebruik vanwaar jy 'n gedeeltelike see-uitsig en die geure en klanke van die oseaan kan geniet.

Onderdakparkeerplek vir 1 voertuig word voorsien en enige ander motors sal in die parkeerarea langs die huis kan parkeer.

Die boonste deel van die huis is die privaat area van die eienaars en hulle is net soms in Franskraal. Ongelukkig word geen troeteldiere op die perseel toegelaat nie.

Slaapplek

'n Bespreking by The Edge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Edge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 R950 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 13 Jan 2020 tot 27 Feb 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za