Durbanville Akkommodasie by The Garden Cottage | LekkeSlaap
+31

The Garden Cottage

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 47 resensies vir The Garden Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5
Melanie R - Mrt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Melanie R

Wonderlike ervaring!

Pragtige kothuis en beslis waarde vir jou geld. Baie privaat met jou eie tuintjie. Sal beslis The Garden Cottage aanbeveel.

The Garden Cottage's terugvoer

Baie dankie vir julle lieflike terugvoering! Sien uit na julle volgende besoek! Dit was heerlik om julle as gaste te kon ontvang!
Vriendelike groete,
Annemarie en Andre

The Garden Cottage
Maresa M - Mrt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Maresa M
Gesin met tieners

Die beste vakansiewoonstel ooit!

Ons reis baie - ook in die buiteland - en The Garden Cottage was regtig een van die mees gerieflike en mooiste woonstelle waarin ons nog gebly het. Eerstens was kommunikasie en reëlings met André en Annemarie baie maklik en is hulle puik gashere wat uit hulle pad gaan om jou gemaklik te maak. Die huis is perfek toegerus, pynlik skoon en netjies met besondere klem op detail en gemak. Ons het vreeslik van die pragtige tuin en tuinmeubels gehou en wonderlik op die stoep ontspan. Die woonstel is eenkant en privaat en geleë naby winkels en hoofpaaie. Ons kan werklik hierdie blyplek aanbeveel en sal beslis weer daar tuisgaan as ons na die Kaap kom.

The Garden Cottage's terugvoer

Beste Maresa
Dankie vir jou ongelooflike terugvoering. Dit is altyd so lekker om van ons gaste wat hier was te hoor. Dankie veral ook dat julle sulke oulike gaste was wat ons kothuisie geniet het en ook so mooi opgepas het.
Mag dit goed gaan met julle gedurende hierdie moeilike tydperk in ons land. Ons glo ons sien julle sommer gou weer.
Vriendelike groete
Annemarie en Andre

The Garden Cottage
Dirk L - Feb 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dirk L
Gesin met klein kinders

Baie netjies en skoon. Als wat mens nodig het. Voel of mens by die huis is.

Dis nooit lekker as mens na plekke gaan en jy wonder watse gogga gaan waar uitklim of jy kort basiese goed want die plekke is so swak toegerus. Hier is dit die teenoorgestelde. Voel of mens by die huis is, als is netjies en skoon en die plek is volledig toegerus met kwaliteit meubels, linne en toebehore, soos mens by jou huis sou verwag. Ons het regtig niks kortgekom nie en is spyt ons was heeltyd omtrent uit en kon nie meer tyd by die huisie spandeer het nie. Die kinders het die suikerbekkies en die tuin vreeslik geniet toe ons ontbyt buite onder die boom geëet het.

The Garden Cottage's terugvoer

Hallo Dirk en julle pragtige familie

Baie dankie vir julle ongelooflike terugvoering. Dit was heerlik om julle te kon huisves.
Kom gerus weer. Julle huisie in die Kaap sal altyd hier wag.

Vriendelike groete
Annemarie en Andre

The Garden Cottage
Carla B - Feb 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carla B

Beautiful, excellent comfort.

I felt surrounded by care and love in this home. The hosts spared no expense to make us feel at home. Lovely soft blankies and throws. French style with a touch of Cape. Serene garden with beautiful birds. I stayed with my husband and 22 year old son. He enjoyed the loft tremendously. Centrally located in the Durbanville wine route. A real gem. Don't go to Stellenbosch, try the winelands in Durbanville. You will be so surprised! Thank you to our friendly hosts. We will be back. God bless!

The Garden Cottage's terugvoer

Baie dankie vir julle pragtige resensie. Ons stel dit werklik op prys. Julle was sulke wonderlike gaste en ons kan maar net wens dat ons altyd so geseënd sal wees om mense soos julle hier te kan ontvang.
Julle sal altyd welkom wees hier, en seën vir julle vorentoe.

The Garden Cottage
Madine S - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Madine S
Gesin met tieners

'n Stukkie hemel op aarde!

Ons was moeg na 3 weke se rondry en kuier by vriende en familie in Suid-Afrika. Ideale rusplek en stukkie tuin van Eden om uit te rus voor ons 34 ure terugtog na Toronto. Baie dankie!

Martie Z - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Martie Z
Gesin met tieners

Fantasties.

Was weg vir 'n naweek, maar kon nog 'n week gebly het. Alles was net reg.

Sandra A - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sandra A
Besigheidsreis

Waarde vir geld.

Uitstekende verblyf keurig en stylvol gemeubileerd. Volledig toegerus met kwaliteit, gerief en gemak, as uitgangspunt.

The Garden Cottage's terugvoer

Baie dankie vir hierdie pragtige review. Julle was sulke aangename en melewende gaste dat ons julle graag weer hier sal wil sien.

The Garden Cottage
Elaine Pauw P - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elaine Pauw P
Gesin met tieners

Die beste gastehuis ooit!

Baie dankie Annemarie! 'n Mens gaan ver soek om jou vriendelikheid en mooi gastehuis te kry. Baie goed toegerus, ruim en netjies. Jy gaan ons definitief weer sien.

Erika K - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Erika K

Sjoe! Mooiste mooi.

Ongelooflik goed toegerus met net die mooiste dekor.

The Garden Cottage's terugvoer

Hello Erika,
Baie dankie vir julle lieflike terugvoering! Was heerlik om julle te kon huisves.
Vriendelike groete,
Annemarie

The Garden Cottage
Morgan N - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Morgan N

Die verblyf was wonderlik.

Was mal oor die warm waterbottel in die bed. Dankie.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

The stay was great.

Loved the hot water bottle in bed. Thank you.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Pieter En Zenda B - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Pieter En Zenda B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lieflike skaduryke, rustige, pragtige kothuis waar ons en ons kinders en sister met dogter kon herstel tydens die week waarin ons ons moeder moes begrawe.

Die skoon lieflike sagte beddegoed, die pragtig versorgde kothuis en tuin wys duidelik 'n liefdevolle hand en mens kan nie anders as om te dompel en duisel in die voëlgesange vroegmôre en die salige gevoel van warmte en sorgsaamheid wat die hele plekkie oorspoel nie. Sou graag 3 maande daar wou wegkruip, of hoe sê die jongmense deesdae ─ hulle "vat 'n gap-jaar".

The Garden Cottage's terugvoer

Beste Pieter en Zenda,

Baie dankie vir jul ongelooflike mooi terugvoer, ons waardeer dit baie. Julle was wonderlike gaste om te kon akkommodeer en vir ons is dit 'n groot voorreg.

Mense met sulke integriteit, vriendelikheid, spontaniteit en opregtheid is net 'n plesier hier in die kothuisie. Dit was een van die redes waarom ons hierdie plekkie begin het - om dit vir mense wat rus nodig het, met die natuur te seën.

Kom gerus weer wanneer julle SA toe kom, dan drink ons saam 'n koppie koffie in die tuin tussen die voëltjies en eekhorinkies!

Mag julle lewe vorentoe baie geseënd wees en gevul wees met net die heel mooiste.

Liefdegroete,
Annemarie en Andre

The Garden Cottage
Rene V - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Rene V
Enkelreisiger

Beste netjiese plek met rustige tuin.

Hierdie was die beste netjiese gastehuis wat ek al ooit in was. Skooner sal jy nerens kry. Die tuin was rustig met die mooiste meubels. Ek beveel dit aan, jy sal nie spyt wees nie.

Otto H - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Otto H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantasties.

Pragtige gerieflike plekkie om in te bly met alles wat nodig is. Hoogs aanbeveel!

Aletta S - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Aletta S
Saam met vriende

Baie rustig.

Was heerlik om daar te bly. Daar is alles wat nodig is. Sal beslis weer daar wil gaan bly in toekoms.

Ester V - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ester V

Prentjiemooi gerief.

Ons het heerlik tuisgegaan in The Garden Cottage. Die selfsorg-eenheid is prentjiemooi met ‘n pragtige tuin waar ons rustig ontspan het. The Garden Cottage is baie sentraal geleë en gasvryheid was baie spesiaal.

The Garden Cottage's terugvoer

Hello Ester,
Baie dankie vir julle uitstekende terugvoering! Julle is baie welkom hier en ons sien uit na 'n volgende kuiertjie in die Kaap.

Vriendelike Groete,
Annemarie Roux
The Garden Cottage

The Garden Cottage
Annette F - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annette F

Wonderlik!

Eienaars baie vriendelik en behulpsaam! Akkommodasie uitstekend! Ligging vir my doeleindes was ook perfek. Ek gaan gereeld na Durbanville om my ma te besoek - gewoonlik net 'n "impromptu" besluit en gaan bly dan waar akkommodasie beskikbaar is. Gaan voortaan eers kyk of Die Garden Cottage beskikbaar is en dan my besoeke daarvolgens reël! Dankie Annemarie en André- ek was nou bederf!

The Garden Cottage's terugvoer

Goeiedag Annette,

Baie dankie vir jul pragtige woorde! Ons het dit werklik geniet om julle te kon huisves. Dit is nou julle huisie hier in die Kaap! Sien julle gou weer. Ek gaan vanmiddag by my ma inloer, sal sommer dan ook gaan kyk hoe dit met jou mamma gaan. Mooi bly tot 'n volgende keer.

Mooiste wense
Annemarie en Andre
The Garden Cottage


The Garden Cottage
Eliza-beth R - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Eliza-beth R
Enkelreisiger

Luukse verblyf.

Pragtige en smaakvol gemeubileerd, en baie veilig. Dit voel meer soos huis as gastehuis. Dit is regtig 'n plek wat ek met die grootste vrymoedigheid kan en sal aanbeveel.

The Garden Cottage's terugvoer

Goeiedag Elizabeth,

Baie dankie vir jou uitstekende terugvoering. Jy was 'n wonderlike gas en ons het dit so geniet met jou hier. Kom gerus gou weer, tot dan, veilig wees!

Vriendelike groete
Annemarie en Andre
The Garden Cottage

The Garden Cottage
Sunette J - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sunette J
Gesin met klein kinders

Lieflike akkommodasie, so stylvol en gerieflik!

Ons het ons verblyf hier vreeslik geniet! Dis stil, veilig, so mooi en net salig. Sal beslis weer daar gaan bly!

The Garden Cottage's terugvoer

Baie dankie Sunette. Julle is altyd welkom. Julle was fantastiese gaste. Kom gou weer. Liefdegroete. Annemarie en Andre

The Garden Cottage
Annelize L - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annelize L
Gesin met tieners

Asemrowend mooi skoon en netjies en die gasvryheid was fantasties. Sal vir seker elke keer daar tuisgaan.

Sien sterre,

The Garden Cottage's terugvoer

Dankie Annelize vir jul lieflike terugvoering. Julle is baie welkom hier en was fantastiese en omgee gaste. Mooi bly tot n volgende keer. Liefegroete Annemarie en Andre

The Garden Cottage
Louis M - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Louis M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit is gesellige, gerieflike en huislike verblyf.

Netjies, skoon en gerieflik. Baie mooi versier en goed toegerus. Lekker privaat met eie tuintjie.

Elmien W - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elmien W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rusplek vir die siel.

Andre en Annamarie laat jou dadelik tuis voel. Die kothuis is keurig gemeubileer en het 'n warm en huislike gevoel. Sal definitief weer daar tuisgaan. Baie dankie vir 'n heerlike ondervinding.

C J F B - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
C J F B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beste ooit.

Eienaars baie vriendelik en behulpsaam. Baie liefde en ondersteuning ontvang en sal weer daar tuisgaan.

The Garden Cottage's terugvoer

Baie dankie vir julle lieflike terugvoering. Dit was heerlik om julle as gaste te kon hé. Mooi bly tot 'n volgende keer.
Ons sit nou ook sommer 'n nuwe skottelgoedwasser in.
Liefde
André en Annemarie
The Garden Cottage

The Garden Cottage
Michelle S - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Michelle S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Absolutely wonderful. A home away from home.

We loved our stay at The Garden Cottage, as always. We never stay at any other place when we visit Cape Town. It's central, yet very tranquil and peaceful. It's beautifully decorated, neat and clean. Affordable, yet beautiful and the owners are very friendly and warm, without interfering too much.

The Garden Cottage's terugvoer

Good day Michelle,

Thank you for the lovely review, we thoroughly enjoyed having you. Come again, you are always welcome!

Kindest of regards
Annemarie The Garden Cottage

The Garden Cottage
Mina N - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mina N
Enkelreisiger

Fantasties.

Vriendelike gasvryheid. Lieflike luukse kothuis met warm huislike gevoel met al die fynere detail denkbaar om elke hoek en draai. Ek is jammer ek moes so kort bly, maar ek sal beslis as ek weer die geleentheid kry langer verblyf by The Garden Cottage bespreek.

The Garden Cottage's terugvoer

Baie dankie vir jou pragtige woorde. Hoop ons sien gou weer.
Annemarie

The Garden Cottage
Marianne S - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marianne S
Gesin met tieners

Ons sal The Garden Cottage vir enig iemand aanbeveel.

Pragtig, uiters skoon en netjies! Lieflike eienaars. Ons sal definitief weer hier bly!

The Garden Cottage's terugvoer

Hello Marianne,

Dankie duisend vir julle pragtige en positiewe terugvoering van jul verblyf by ons. Dit was so lekker om julle te kon huisves. Mooi bly tot 'n volgende keer.

Vriendelike groete,
Annemarie en André
The Garden Cottage

The Garden Cottage
Ryno E - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ryno E
Enkelreisiger

Beste selfsorgverblyf in die Kaap.

Ek het heerlik gebly in die Garden Cottage. Dit is 'n sjarmante, pragtige plek wat al jou sintuie aanspreek en verkwikkend vir die siel is. Die eienaars is baie vriendelik en behulpsaam en ek waardeer veral die aandag aan die fyner detail. Dit is werklik 'n plek wat ek met die grootste vrymoedigheid kan aanbeveel.

The Garden Cottage's terugvoer

Goeie dag Ryno

Baie dankie vir jou uitstekende terugvoering rakende jou verblyf by ons, by The Garden Cottage. Ons sien uit na jou volgende besoek. Dit was heerlik om jou te kon huisves.

Liefde-groete
Annemarie en André

The Garden Cottage
Noeline B - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Noeline B
Saam met vriende

Uitstekend. Wens ons kon langer bly om die plek ten volle te geniet!

Die eienaars is behulpsaam en vriendelik, die plek is pragtig en gerieflik. Kan sien hulle het baie moeite gedoen met die fynere afwerking, en die gerief van die gaste in gedagte gehou met elke klein detail. Dit is ons eerste besoek aan Durbanville, sal geen ander plek ooit prober of aanbeveel.

The Garden Cottage's terugvoer

Goeiedag Noeline

Baie dankie vir julle wonderlike terugvoering! Kom gerus weer, ons het julle verblyf hier by ons baie geniet. Dit was heerlik om julle as gaste te kon hê.

Vriendelike groete
Andre en Annemarie

The Garden Cottage
Hein V - Feb 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hein V
Gesin met klein kinders

Stunning cottage with very friendly owners.

We had the best time staying at The Garden Cottage. The cottage was spotless and extremely well presented with beautiful French decor throughout. The owners were also very accommodating. Will definitely be staying there again!

Marinus V - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Marinus V
Saam met eggenoot / lewensmaat

A very nice and complete cottage. Very comfortable. Recommended.

Includes a nice spacious garden with braai facilities.

Philip S - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Philip S
Gesin met klein kinders

Garden Cottage is goed ingerig, uiters stylvol en baie skoon.

Baie stylvol! Gawe gasheer en -vrou!

The Garden Cottage's terugvoer

Goeie môre Philip

Baie dankie vir jou lieflike kommentaar. Ons waardeer dit baie. Wat 'n voorreg om julle te kon ontmoet! Julle is altyd welkom hier. Liefdegroete Annemarie en André

The Garden Cottage
Letitia V - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Letitia V

Wat meer kan ons së - kon nie vir beter verblyf gevra het nie!

Defnislis aanbeveelbaar! Van Dag 1 met aankoms en met ons vertrek op Dag 7 was daar 'n "Warm, huislike, geesvervulde atmosfeer". Dalk koop ons eersdaags aandele in The Garden Cottage!

The Garden Cottage's terugvoer

Ons is so bly dat julle dit hier geniet het. Ons hoop om julle gou weer te sien.

Baie groete,
Annemarie

The Garden Cottage
Guillaume F - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Guillaume F
Saam met vriende

Very nice.

Very centrally situated and very cozy accommodation.

The Garden Cottage's terugvoer

I am glad you could enjoy the stay! Kind regards, Annemarie.

The Garden Cottage
Eben M - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Eben M
Enkelreisiger

Hierdie was van die heel beste waarin ek nog ooit gebly het - ongelooflik lekker.

Uitstekende diens, ligging en baie privaat. Eienaar regtig baie hulpvaardig.

The Garden Cottage's terugvoer

Beste Eben

Baie dankie vir jou uitstekende terugvoering. Dit was heerlik om jou te kon ontmoet. Bring volgende keer jou familie ook saam.

Vriendelike groete
Annemarie
The Garden Cottage

The Garden Cottage
Carel P - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carel P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Kos vir die siel

Ons is baie vriendelik deur Annemarie ontvang, akkommodasie baie mooi en uiters netjies, die tuin is ook 'n lushof, sal definitief weer daar gaan bly.

The Garden Cottage's terugvoer

Beste Carel en Suzette,

Wat 'n voorreg was dit nie om julle te kon ontmoet nie! Dankie vir die pragtige terugvoering wat julle geskryf het. Sien julle binnekort weer!

Vriendelike groete,
Annemarie

The Garden Cottage
Leon H - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Leon H
Besigheidsreis

Fantastiese plek met alles wat jy nodig het om lekker te oornag.

Die eienaars was baie vriendelik en inskiklik. Ek moes twee nagte kanselleer en hulle het my op kort kennisgewing tegemoet gekom.

The Garden Cottage's terugvoer

Dit was 'n plesier om julle hier te kon ontvang, Leon. Ons is baie bly julle kon dit geniet.

The Garden Cottage
Lianie D - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lianie D
Besigheidsreis

Rustige verblyf in pragtige omgewing.

Die kothuis is smaakvol versier en goed toegerus en die tuin skep 'n rustige atmosfeer weg van die besige stad, perfek vir heerlike ontspanning.

The Garden Cottage's terugvoer

Baie dankie vir hierdie resensie, Lianie. Ons is baie bly dat julle kon rus en die kuiertjie geniet.

Groete,
Annemarie

The Garden Cottage
Cerina V - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cerina V

Ongelooflik, mooi, rustig, veilig!

Dit was ongelooflik lekker. Baie mooi plekkie. Baie veilig.

The Garden Cottage's terugvoer

Beste Cerina,

Baie dankie vir julle goeie resensie - dit was heerlik om julle sewe jong dames te kon huisves. Julle spontaniteit en geesdrif vir die lewe is aansteeklik en ons wens julle net die mooiste vorentoe, veral met die troue binnekort!

Lekker bly en liefdegroete,
Annemarie - The Garden Cottage

The Garden Cottage
Andrea V - Jun 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andrea V
Besigheidsreis

Ons sal terug wees!

Smaakvol gemeubileer, gerieflik, veilig, 'home away from home', pragtige tuin, kombuis, badkamer, kamers en leefarea ten volle toegerus met alle geriewe wat mens sou kon nodig kry. Dankie André en Annemarie vir 'n heerlike ervaring - wens ons kon langer bly. Hoogs aanbeveel!

The Garden Cottage's terugvoer

Baie dankie vir jou pragtige resensie, Andrea. Ons hoop om jou gou weer te sien.

The Garden Cottage
Pierre Jeanne A - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Pierre Jeanne A
Enkelreisiger

Die gasvryheid en netheid is van hoogstaande gehalte.

Ons het dit baie geniet in hierdie rustige kothuisie. Andre en Annemerie se gasvryheid het ons baie tuis laat voel. Die plekkie kry dit reg om jou te laat voel dat jy tuis is, weg van die huis. Sal verseker weer gebruik maak van jul fasiliteite. O ja, en dan is daar nog Sam ook, wat 'n "happy dog"! Sien uit om weer daar af te pak!

The Garden Cottage's terugvoer

Hello PJ
Baie dankie vir jou terugvoering oor jul verblyf hier by ons. Dit is heerlik om sulke ongelooflike dinge te hoor! Ons sien daarna uit om julle weer te sien!
Groete daar vir julle in die Weskus en kom weer - altyd welkom!
Andre en Annemarie en Sam

The Garden Cottage
Mari L - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mari L
Gesin met klein kinders

Dit was heerlike, luukse verblyf met alles en nog wat vir 'n heerlike vakansie!

Baie dankie vir heerlike luukse verblyf en gasvryheid. Ons gaan beslis weer kom kuier!

The Garden Cottage's terugvoer

Hello Mari
Dit is heerlik om julle terugvoer te ontvang! Julle was wonderlike gaste, 'n voorreg om julle te kon ontmoet en ons sien daarna uit om julle gou weer te sien!
Mooiste 2017 vir julle almal!
Liefdegroete
Annemarie

The Garden Cottage
Joey J - Nov 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Joey J
Enkelreisiger

Perfekte bestemming.

Fantastiese diens en eienaars!

The Garden Cottage's terugvoer

Baie dankie, Joseph, vir hierdie terugvoering. Dit was heerlik om jou te kon ontmoet. Lekker bly daar in Mosselbaai, en ons sien uit na 'n herontmoeting.

The Garden Cottage
Gail H - Sep 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gail H

An experience never to be forgotten - absolutely lovely!

The host was very accommodating and warm. The accommodation had lots of extra spoils, was absolutely beautiful, clean, safe and fully equipped. Could not ask for more - was an experience never to be forgotten. A place to be recommended to all!

The Garden Cottage's terugvoer

Dear Gail and Audrey,
We absolutely loved having you at The Garden Cottage! The new friendships formed are very precious to us! Thanks for the lovely review. We shall meet again - even if it is only over a steaming cup of coffee!
Kindest and warm regards,
Annemarie and André

The Garden Cottage
Nicola  - Sep 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nicola

Die verblyf is van uitstaande gehalte wat betref kwaliteit van binneversiering, meubels, linne met uiters behulpsame gasvrou en gasheer.

Daar is ook 'n slim goedgemanierde hond.

The Garden Cottage's terugvoer

Baie dankie Nicola vir julle pragtige terugvoering rakende julle verblyf by ons. Dit was heerlik om julle te kon ontmoet. Bly om te verneem dat die troue so goed verloop het!

Vriendelike groete
André en Annemarie

The Garden Cottage
Sandra O - Aug 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sandra O
Gesin met klein kinders

Ons siele kom tot rus in 'n bedrywige Durbanville!

Ons het 'n plekkie gesoek om net rustig te raak saam met ons dogter en kleinkinders wat die volgende dag moes vertrek Australië toe, waar niemand ons kon kry nie. Maar waar in die Kaap? Ons was so geseënd om The Garden Cottage te kon huur vir die een aand! 'n Fantastiese, goed gemeubileerde, rustige atmosfeer en die 2 gasvrye eienaars, Annemarie en Andre, het ons so bederf met ons aankoms en vertrek! Dankie julle! Die tuin is so pragtig uitgelê en groen en kleurvol dat ons as gesin 'n foto-hoekie vir onsself gehad het! Ons weet nie van raserige verkeer nie, maar ons weet wel die voëltjies was ons maters in die pragtige tuin waarin ons kleinseuns so lekker gespeel het! Dankie weereens! Die plaasmense weet nou waar om te arriveer as die geleentheid hom weer voordoen. Die hospitaal en flinke deur-tot-deur kosaflewing naby was 'n pluspunt.

The Garden Cottage's terugvoer

Baie dankie Sandra vir hierdie wonderlike terugvoering van julle verblyf by ons. Dit was heerlik om julle te kon ontvang en so te leer ken. Ons is so bly julle het dit hier geniet, en sien sommer uit na 'n volgende besoek, of julle hiernatoe kom, of ons na McGregor toe gaan. Groete van ons albei uit 'n sonnige na-winter Kaap.

The Garden Cottage
Renier L - Jul 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Renier L
Gesin met klein kinders

Goed geleë, rustig en privaat.

Die Garden Cottage is lekker sentraal, met alles van hoë gehalte. Die eienaars is professioneel en aangenaam. Ek sal graag weer daar kuier saam met my gesin. Sentraal geleë, netjies en skoon, alles van hoë gehalte met vriendelike, opregte eienaars.

The Garden Cottage's terugvoer

Baie dankie Renier vir julle positiewe terugvoering. Dit was baie aangenaam om julle te kon huisves, en sien uit na julle volgende besoek. Baie dankie vir 'n nuwe vriendskap wat ons kon sluit!

The Garden Cottage
Ammi S - Jun 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ammi S
Saam met vriende

Die perfekte blyplek wat alles en meer gebied het wat ons nodig gehad het vir 'n heerlike ervaring.

Ons was 'n groep van 5 dames wat van verskillende rigtings gekom het en die aand wou saam kuier. Die Garden Cottage was perfek geleë. Naby die dokters wat sommige moes besoek, asook naby restaurante. Die Cottage is baie goed toegerus - heerlike warm beddegoed! Die gasheer en gasvrou het ons baie tuis laat voel en uit hul pad gegaan om ons met ekstras te bedien. Baie dankie!

The Garden Cottage's terugvoer

Baie, baie dankie Ammi vir jou positiewe terugvoering van julle verblyf by ons. Dit was heerlik om julle te kon leer ken en sien daarna uit dat julle almal weer kom kuier! Wonderlike vriendskappe word so gesluit!
Baie liefde daar ver in Bloemfontein! Groete uit die koue Kaap!
Annemarie van The Garden Cottage

The Garden Cottage
Gillian V - Mei 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gillian V
Saam met eggenoot / lewensmaat

So tuis soos by jou eie huis!

Dit is baie meer as waarvan ons ooit kon gedroom het! Die gasvrou was fantasties, ons sal elke keer hier probeer bespreek as ons in Durbanville is. 'n Absolute juweel!

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Home away from home!

This is a more than we could every have wished for! Our hosts were fantastic and hope to stay over every time we visit Durbanville. This is a gem!

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

The Garden Cottage's terugvoer

Thank you Gillian. We loved having you at The Garden Cottage! We are looking forward to your next visit and hope to visit you in Namibia soon. We have our cameras ready to find that "perfect shot" in your beautiful country!
Kindest regards,
Annemarie and Andre

The Garden Cottage
Vanaf R3 400
per nag (vir 7 persone)
Vanaf R3 400
per nag (vir 7 persone)
Vanaf R3 400
per nag (vir 7 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hibiscusstraat 49, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd3EnrAK9NJpkA17m3vzFvD3k03as2dfGbj7HkIcVs66Ywe7Aln?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 400  per nag (vir 7 persone) 47 5 1 5 49 Hibiscus Street Durbanville 7550 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.820155984572 18.66174343586
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za