Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The House

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 35% af

Kry 35% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 30 Apr 2024 tot 12 Des 2024.

  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: De Jongh-straat 38, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R6 500 R4 225 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

The House is 'n pragtige dubbelverdieping-vakansiehuis wat omring word deur ongerepte fynbos. Daar is geen ander huise oorkant die verblyf nie. Die vakansiehuis is in die idilliese vakansiedorp Yzerfontein en spog met 'n see-uitsig oor die fynbos vanaf die boonste verdieping.

Die huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Daar is ook 'n aparte gastetoilet. Op die boonste verdieping is daar 3 smaakvolle slaapkamers met 2 en suite-badkamers en 1 aparte toilet. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n aparte gastetoilet. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Dit het ook 'n kombuisie wat met' n yskassie, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die vierde en vyfde slaapkamer het elk 'n dubbelbed en gaste in hierdie slaapkamers deel 'n gastebadkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die huis beskik oor 2 volledig toegeruste kombuise op die onderste en boonste verdiepings. DIe kombuise is elk met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n skottelgoedwasser toegerus. Daar is 'n aparte opwaskamer met 'n wasmasjien. Die kombuis op die boonste verdieping lei na 'n eetarea en sitarea met gemaklike rusbanke en 'n slim-TV. Indien gaste hul eie intekenbesonderhede het kan hul op DStv, Netflix en Apple TV inteken. Die sitarea op die boonste verdieping het 'n binnebraai en lei na 'n balkon met 'n pragtige see-uitsig.

Die balkon het buitesitplek en 'n buitebraai-area en is ideaal vir 'n skemerkelkie. Die eetarea en sitarea op die onderste verdieping lei na 'n stoep met buitesitplek, 'n braai-area en 'n uitsig oor die groot grasperk. Dit is die perfekte plek vir kinders om lekker rond te hardloop.

Die omgewing bied talle aktiwiteite wat visvang, ski, branderplankry en voetslaan insluit. Daar is ook pragtige, seisoenale veldblomme te sien. Gaste kan ry na omliggende plekke soos Buffelsfontein Wild- en Natuurreservaat, die Weskus Nasionale Park, !Khwa ttu en Living Colors. Die huis is ook naby verskeie restaurante, delis en die Swartland-wynroete.

Slaapplek

’n Bespreking by The House sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir The House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Tiffany Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 1

Maande gelys 7

Ligging

  • De Jongh-straat 38, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink The House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R6 500
R6 500 R4 225
per nag (plek vir 10)
Vanaf R6 500
R6 500 R4 225
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: De Jongh-straat 38, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb0065957585604e2502289df02f366f4abc8f59c31ecac4dd9e97702a63b3a1f7f9a7bfc0fd17986445477f5cd5938057d7f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R6 500 nouVanaf R4 225 per nag (plek vir 10) 1 5 1 5 38 De Jongh Street Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 12:00 -33.3510687 18.1543785
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem