LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by The Island 2 | LekkeSlaap
+27

The Island 2

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 23 Jul 2021 tot 30 Sep 2021.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusrylaan 61, Chakas Rock, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 415 R1 203 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

The Island 2 is 'n vakansiewoonstel in Chaka’s Rock, ook bekend as Shaka’s Rock. Dit is net 5 km noord van Ballito aan die Dolfynkus van KwaZulu-Natal.

Die eenheid is op die grondvloer geleë en word deur 'n paar trappe bereik. Die eenheid het 3 slaapkamers met slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, en die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Dié twee slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorgverblyf en beskik oor 'n stoof, 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die knus leefarea het 'n eetkamertafel, 'n gerieflike sitkamerstel, 'n platskerm-TV, onbeperkte WiFi en 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet wel asb. hul eie dekodeerder ('n Explorer-dekodeerder is geskik), kabels en slimkaart saambring.

’n Skoonmaakdiens is beskikbaar.

Die patio buite bied pragtige uitsigte oor die see en 'n Weber-braai is beskikbaar. Alhoewel daar nie direkte toegang tot die strand is nie, is ons steeds stapafstand en daar is 'n heerlike getypoel by Chaka's Rock-strand.

Neem asseblief kennis dat dié omgewing beperkte selfoonopvangs het. Besprekings word nie vir gaste onder die ouderdom van 25 aanvaar nie.

Slaapplek

’n Bespreking by The Island 2 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 18 resensies vir The Island 2
Netheid
4.2/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Kusrylaan 61, Chakas Rock, 4420, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink The Island 2 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 415
Vanaf R1 203
per nag (plek vir 6)
was R1 415
Vanaf R1 203
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusrylaan 61, Chakas Rock, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhjMDI1YWIzLWFhMTgtNDgyMy05MjNkLTg5ZTYwOTc4OGFkNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 415, nou Vanaf R1 203  per nag (plek vir 6) 18 5 1 5 61 Ocean Drive Chakas Rock 4420 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -29.5167 31.22984
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!