LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by The Kingdom Resort | LekkeSlaap
+60

The Kingdom Resort

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Huisreëls

Kontak asb. die oord vooraf om voorsiening te maak as jy gaan laat inklok op 'n Sondag of openbare vakansiedag.

'n Breekskadedeposito moet direk aan die oord betaal word sodra die bespreking bevestig is.

Let asb. op dat die volledige bedrag binne 48 uur nadat die bespreking gemaak is, betaalbaar is. Let asb. op dat die oord nie kan waarborg dat villas, suites of chalets naby mekaar geleë is nie.

As gevolg van die toenemende vraag vir verblyf by The Kingdom Resort, het ons met 'n uitbreidingsprogram op die oord begin vir ekstra chalets en villas. Hoewel ons poog om die gaste so min as moontlik te steur, kan daar steeds geraas van die bouwerk afkomstig wees. Ons vra by voorbaat om verskoning en waardeer die gaste se begrip.

Gaste moet bewys van identiteit kan lewer voordat sleutels oorhandig word. Gaste mag hul ID, bestuurslisensie of paspoort gebruik as 'n identiteitsbewys.
Gaste wat hulle akkommodasie met 'n kredietkaart bespreek en betaal het, moet dieselfde kaart toon wanneer hulle inklok.

Die oord laat nie studente toe nie. indien gaste in die proses van bespreking is, of reeds bespreek het. kontaks asb. die besprekingskantoor om geskikte alternatiewe reëlings te tref. Besprekings vir studente word dus nie toegelaat nie.

Indien die bestuur agterkom dat meer mense die eenheid bewoon as waarvoor daar bespreek is, sal jy en jou geselskap die eenheid moet ontruim en jy sal verantwoordelik gehou word vir die toepaslike fooi.
Gaste mag nie die eenheid verhuur sonder vooraf goedkeuring van die bestuur nie, en gaste mag ook nie die bespreking deel tussen aparte gaste, sonder dat dit in die bevestigingsbrief aangedui is nie. Let asb. daarop dat die eenheid skoongemaak word vir bevestigde nuwe gaste slegs op die inklokdatum. Indien gaste, volgens bestuur, nie die reëls nakom nie, sal hulle verhoed word om die eenheid te gebruik en/of gevra word om die eenheid te verlaat, en gaste sal aanspreeklik gehou word vir die toepaslike fooi.
Geen troeteldiere word op die oord toegelaat nie. Geen troeteldiere van enige soort word toegelaat op die perseel of in die eenheid nie. Indien jy nie die reël gehoorsaam nie, sal jy die troeteldier van die perseel moet verwyder en jy sal 'n boete moet betaal.
Volgens wet word rook nie in die eenheid toegelaat of op die patios of in enige van die oord se geboue nie. Dit word net in die aangewese rookareas toegelaat. Rook is wetlik verbode in die eenheid en indien jy of jou geselskap in die eenheid rook en die eenheid dan skoongemaak moet word, sal jy 'n boete moet betaal.
Breekskade: Jy sal persoonlik verantwoordelik gehou word vir die koste van herstelwerk of vervanging van goedere weens skade of verlies in die eenheid of van sy inhoud. Jy en jou geselskap is verantwoordelik vir die betaling van enige ekstra gelde wat gehef mag word tydens jou verblyf.
Gaste sal gevra word om 'n vrywaringsvorm te teken voor hulle inklok. Slegs persone van 18 jaar en ouer mag die gasteregistrasievorm teken wanner hulle inklok en moet vir die volle periode daar tuisgaan. Indien gaste versuim om die reël na te kom en onder 18 jaar is, sal hulle gevra word om die eenheid te verlaat.
Details oor die toebehore en geriewe is korrek ten tyde van bespreking, maar dit kan verander afhangende van instandhoudingskedules. Let asseblief daarop dat sekere geriewe en dienste op die dokument onderhewig mag wees aan 'n ekstra heffing en gaste moet dit uitklaar met die oord indien nodig.

Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Ons Covid-19 waarborg: Ons waarborg ’n volle terugbetaling vir enige kansellasies weens nasionale beperkings op reis wat jou daarvan weerhou om jou bespreking te gebruik Lees meer
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 maand voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Breekskadedeposito

'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R 1000 moet direk aan die instansie betaal word.

Vanaf R1 150
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 52 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfporsie 2 van Plaas Waagfontein, Registration Division JQ, Noord-Wes, Pilanesberg, 0316, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAX0D3nWCAxSvZK2F7q4GcbY5r99EtAlHPzksQRnFGWG19xP9xH3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 150  per nag (plek vir 2) 125 5 1 5 Portion 2 of The Farm Waagfontein Registration Division JQ, North West 0316 Noordwes 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -25.35731734901 27.151310819435
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!