The Kingfisher Country Cottages & Trout Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Kingfisher Country Cottages & Trout Lodge is op die R36 buite Machadadorp geleë. Dié lodge is in die Middellande geleë wat ’n gewilde forelvang-bestemming is.

Die lodge bied selfsorgverblyf in 10 chalets. Elke chalet is toegerus vir selfsorg en beskik oor privaat patio, braaigeriewe en 'n kaggel. Die chalets word daagliks skoongemaak. Die restaurant verskaf ook etes en daar is 'n spyskaart beskikbaar. Die kroeg is ook ten volle gelisensieerd.

DStv-kanale is in die hooflodge beskikbaar. Daar is ook 'n speelkamer vir kinders langs die gemeenskaplike sitkamer.

Die rivier wat deur die lodge kronkel verseker at die damme op die plaas propvol forel is. Dis die perfekte plek vir forelvang. Die damme het reënboogforel.

Die poele onder die 100 m hoë waterval is die perfekte plek vir swem en piekniek. Die bedreigde kalkoenibis kan ook hier in die kranse gewaar word. Gaste wat nie kranige vissermanne is nie, kan die asemrowende uitsigte geniet, voetslaan, fietsry, perdry, piekniek of voëlkyk. Gaan verken ook gerus die tuine en omgewing te voet. 'n Nuwe swembad is nou ook beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Kingfisher Country Cottages & Trout Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R980 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za