The Lyme House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Lyme House bied ruim verblyf in St. Francisbaai, stapafstand van die strand en middedorp waar daar heerlike restaurante, kroeë en unieke winkeltjies is. Dié dorpie het pragtige strande waar gaste kan gaan stap om die son te sien opkom of sak. As gaste vroeg genoeg uit die vere is, kan hulle selfs die see-otters sien swem!

The Lyme House bied verblyf in ruim, skoon gastekamers met hul eie balkonne of stoepe. Die beddens het 100%-katoenlinne en verekussings en -duvets. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, asook koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie en 'n UHD Slim-TV met Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.

Lyme House het 'n lieflike gastesitkamer wat gedeel word, 'n tuin en 'n swembad-area. Soggens word verskeie ontbytgrane en jogurt in die gastesitkamer bedien.

Hier kan gaste van al hul opgekropte energie ontslae raak, wegbreek van die alledaagse gejaag, langs die strand gaan stap, gholf speel of rustig in die tuin ontspan. Sluit die dag af met 'n heerlike ete by een van die plaaslike restaurante, gaan vaar op die kanaal of bring die dag by die pragtige rotspoele deur.

Let asb. dat The Lyme House nie ideaal vir babas en jong kinders is nie, aangesien daar heelwat trappe en balkonne op die perseel is. Die instansie het nie DStv nie. Parkeerplek is buite die perseel beskikbaar, belig en word gepatrolleer. Kookgeriewe is nie beskikbaar nie.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Lyme House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za