The Merry Crab

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Merry Crab is in Munster geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in die luisterryke tropiese plantegroei van die natuurreservaat binne 'n bekoorlike, veilige vakansie-oord. 'n Skaduryke paadjie, bewoon deur duikers en dassies, lei deur die Admiralty Marine Reservaat na die strand en die warm Indiese Oseaan.

Met aankoms sal jy ontvang word deur ons behulpsame en vriendelike personeel, wat jou sal bystaan met veilige parkeerplek van die straat af en jou na jou akkommodasie sal neem. Ons bied verblyf in eenslaapkamer-ateljeewoonstelle, eenslaapkamer-huisies ("casitas") en cabanas met 'n en suite-stort en toilet. Die eenhede word daagliks in die oggend skoongemaak en is toegerus met stowe, yskaste, mikrogolwe, eetgerei en breekware. Linne en badhanddoeke word ook voorsien en gaste moet hulle eie strandhanddoeke saambring. Die kamers is ook toegerus met sekere DStv-kanale, oorhoofse plafonwaaiers en elke eenheid het toegang tot 'n privaat sondek en braaigeriewe.

Die oord het 'n ontvangs, leefkamer en onthaalarea waar gaste kan lees, bordspeletjies speel en TV kyk. Daar is 'n omheinde swembad met sonstoele langsaan die sitkamer. Die Potjie Boma is 'n groot grasdak-lapa met sy eie braaigeriewe en 'n pizza-oond, ideaal vir braai en partytjies, kom wind of weer.

Ons is die ideale wegbreekplek vir paartjies, gesinne en klein groepe. Doendinge in die omgewing sluit perdry, vierwielmotorfietsritte, diepsee-hengel en skubaduik by Shelley Beach in. The Merry Crab is gerieflik naby die strand geleë en is net 15 minutes van Port Edward af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Merry Crab gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za