The Nelsbells Cottage
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Malherbestraat 138, Clarens, 9707, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
The Nelsbells Cottage is stapafstand vanaf die hartjie van Clarens. Dit bied selfsorgverblyf in 'n rustieke, Victoriaanse huis.
Die hoofhuis bied gerieflike slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers op die boonste vloer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en lei na die balkon wat rondom die huis strek. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Al die beddens het elektriese komberse.
Daar is 2 badkamers in die hoofhuis. Die eerste een is onder en dit het 'n bad en 'n toilet. Die tweede een is bo en het 'n stort en 'n toilet.
Die oopplan-leefarea bestaan uit 'n gemaklike sitarea met 'n kaggel vir koue wintersaande en 'n snoesige leeshoekie wat na die stoep lei. Die kombuis is volledig toegerus met 'n ketel, yskas, gas- en elektriese stoof, mikrogolf, wasmasjien, skottelgoedwasser, tuimeldroër, eetgerei en breekware. DStv Premium en 'n DVD-speler is beskikbaar. Die eiendom het braaigeriewe, veilige parkeerplek en troeteldiere is welkom.
Gaste het ook toegang tot die tuinwoonstel. Die woonstel het 'n koningingrootte-bed en bied gerieflike slaapplek aan 2 volwassenes. Daar is koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie en 'n stort en toilet.
Clarens het begin bekend staan as die Juweel van die Vrystaat, en lok kunstenaars, fotograwe en natuurliefhebbers. Die dorpie is bekend vir verskeie kunsvlyt- en handwerkwinkeltjies en bied 'n wye reeks snuisterye en oorspronklike kunswerke. Die sandsteengeboue dra tot die atmosfeer van die dorpie by. Clarens is die ideale wegbreekplek vir stadsmuise uit Johannesburg, Bloemfontein en Durban, wat almal ongeveer 300 km weg is.
Slaapplek
’n Bespreking by The Nelsbells Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Opsomming van Resensie
Ligging
- Malherbestraat 138, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink The Nelsbells Cottage het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Malherbestraat 138, Clarens, 9707, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom