LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by The Potting Shed Guest House | LekkeSlaap
+56

The Potting Shed Guest House

Gastehuis
Spesiale Aanbod 25% af

Kry 25% af. Geldig vanaf 13 Jan 2021 tot 30 Jun 2021.

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Albertynstraat 28, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R1 400 R1 050 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Annamarie en David, die eienaars en bestuurders van The Potting Shed Guest House, verwelkom jou. Hier sal jy persoonlike diens ervaar in die sonderlinge dorp, Hermanus, net 'n uur se ry van Kaapstad Internasionale Lughawe af.

Bederf jouself met slaapplek en ontbyt by ons gastehuis waar die handgeverfde interieur 'n persoonlike tikkie kuns en uniekheid weerspieël.

Die Suid-Afrikaanse Toerismegraderingsraad het 'n 3-ster-gradering aan die gastehuis toegeken. Die AA gradeer dit as "hoogs aanbeveel" en ons word ook deur The Lonely Planet aanbeveel.

Die kamers op die onderste vloer is toegerus met koffie- en teemaakgeriewe, 'n platskerm-TV met DStv, gratis WiFi en lugversorging vir daardie warm somersaande. Die privaat dek is ruim en toegerus met 2 leunstoele, 'n onderdak-sitarea en 'n gasbraaier.

Die ateljeekamer op die boonste verdieping het 'n privaat ingang en dit sluit 'n kombuisarea met 'n mikrogolfoond/roosteroond, yskas, ketel en 'n broodrooster. Daar is ook 'n badkamer met 'n stort en bad, volle DStv, WiFi en lugversorging as dit warm raak. Die privaat dek is ruim met plek vir 2 sonstoele, 'n onderdak-sitarea en 'n gasbraai.

Ons ontbyt bestaan uit vars vrugte, joghurt, ontbytgraan, roosterbrood, vars uitgedrukte sap (in seisoen), eiers en spek of tuisgemaakte pannekoek en onbeperkte koffie en tee.

Gaste is welkom om die goed beligte swembad-area met sonstoele, tafels en stoele te geniet. Die braaigeriewe is ook tot die gaste se beskikking en braaigereedskap, glase, breekware en messegoed word voorsien op versoek.

The Potting Shed Guest House is ideaal geleë in 'n stil systraat langs Hermanus se hoofstraat. Kom kuier by ons en verken die middedorp, restaurante, kranswandelpaadjies en die see wat alles stapafstand van ons af geleë is.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 4 resensies vir The Potting Shed Guest House
Netheid
4.8/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Albertynstraat 28, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Potting Shed Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 400
Vanaf R1 050
per nag (plek vir 2)
was R1 400
Vanaf R1 050
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Albertynstraat 28, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQxMGFkYTBjLTUzNTAtNDQwNS04MGFkLWRmZjEwZjMxNjM0ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 400, nou Vanaf R1 050  per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 28 Albertyn Street Hermanus 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.4185028 19.2328684
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!