Kingsburgh Akkommodasie by The Switchit’s Cabin | LekkeSlaap
+37

The Switchit’s Cabin

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hillside-pad 20, Kingsburgh , 4126, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

The Switchit’s Cabin is 'n unieke houthuisie op 'n heuwel omring deur die pragtige bome en grasperke van Doonheights en Kingsburgh. Dié kothuis bied 'n asemrowende see-uitsig en is gerieflik naby die strand en Seadoone Mall geleë. As die wind waai en die strand nie 'n goeie idee is nie, is die swembad die perfekte plek om te ontspan en jou batterye te herlaai. Let asb. op dat die eienaar van die eenheid op die boonste verdieping woon.

Die houthuis is gerieflik ingerig met 'n huislike atmosfeer en moderne geriewe. Die huis bied slaapplek vir tot 6 gaste en daar is 3 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -sitkamer. Die eerste en tweede slaapkamer beskik elkeen oor 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 1 dagbed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Elke bed het 'n vere-duvet, verekussings en perkallinne. Ekstra linne is beskikbaar. Al die kamers en die sitkamer het 'n plafonwaaier. Daar is 'n stort, toilet en 'n wasbak in die badkamer. Ons voorsien handdoeke, stortseep, sjampoe en haaropknapper. 'n Klein noodhulpkissie (in die hangkas) is vir klein noodgevalle beskikbaar.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n stoof en oond, 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, potte en panne. Ons het ook 'n strykyster en strykplank beskikbaar. In die sitkamer is daar 'n platskerm-TV met volledige DStv en 'n klankstelsel. Onbeperkte WiFi is ingesluit. Die WiFi-wagwoord is op die yskas. Die sitarea lei na 'n onderdak-patio met buitemeubels en 'n Weber en 'n ketelbraai is ook beskikbaar.

The Switchit’s Cabin is slegs 30 minute se ry vanf Durban en 45 minute se ry van King Shaka Internasionale Lughawe af.

Slaapplek

’n Bespreking by The Switchit’s Cabin sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 34 resensies vir The Switchit’s Cabin
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Hillside-pad 20, Kingsburgh , 4126, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink The Switchit’s Cabin het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R1 300
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hillside-pad 20, Kingsburgh , 4126, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVhZGY3MDZiLTQ5YzMtNDFhMS1hOGFjLTU4NTI0NTk4ODc1OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 300  per nag (vir 6 persone) 34 5 1 5 20 Hillside Road Kingsburgh 4126 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.067661 30.869114
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za