Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Treehouse

Selfsorg

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

2.6/5

Keith Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Jaar gelys 14

Opsomming van Resensie

2.6 uit 5van 1 resensie vir The Treehouse
Netheid
2.0/5
Diens
2.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
3.0/5
Waarde vir geld
2.0/5
Sunette K - Jul 2018
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Sunette K
Saam met vriende

Die plek is nie ingerig vir 8 mense soos geadverteer is nie. Slaapplek wel, maar breekgoed, eetgerei en parkering beslis nie.

Die huis is lieflik geleë en het 'n pragtige uitsig oor die see. Wat die probleem is, is dat daar nie eers 6 breekware items is vir 'n plek wat 8 kan akkommodeer nie, als was 5 of minder. Eetgerei ook net vir 6. Potte in redelike toestand, maar geen pan vir ontbyt voorbereiding. Die oond is in 'n haaglike toestand en was baie vuil. Kon en wou dit glad nie gebruik nie. Die mikrogolfoond het ook beter dae geken. Die bedrading in die huis is nie veilig nie en baie ligte is van gewone kragproppe herlei en ook sonder 'n gronddraad wat lewensgevaarlik kan wees. Die braaigeriewe is substandaard en nie naastenby groot genoeg om vir 8 volwassenes te braai nie. Die braairooster was erg vuil en aangepak. Ek het self 'n ander rooster gaan koop, aangesien ek nie sou waag om die een wat voorsien is te gebruik nie. Dit is ook nie veilig om vuur te maak waar die braaier geleë is nie, bo-op 'n houtdek wat 'n brandgevaar kan skep. Daar is geen ekstra komberse in die huis nie, slegs 'n duvet op elke bed. Gelukkig was dit redelik warm gedurende die tyd wat ons daar was. Die linne was darem netjies en skoon. Parkeerplek is 'n probleem, aangesien daar 'n ander huurder is wat die motorhuise gebruik, dit het ons wel vooraf geweet. Ons is aangesê om nie voor die motorhuise te parkeer nie en is 'n spesifieke plek aangewys wat ons toe beset het. Wat ons nie geweet het nie, is dat daar nog 'n permanente huurder op die perseel is wat gewoonlik parkeer waar ons toe ons twee motors geparkeer het. Kortom, daar is nie plek vir meer as een motor nie. Ten slotte glo ek dat die plek baie potensiaal het, maar dat onderhoud gedoen moet word en ook dit wat volgens die webwerf beskikbaar is, wel daar sal wees en in 'n aanvaarbare toestand sal wees. Die rede hoekom ek terugvoer gee is omdat ek die een is wat betaal het vir die verblyf. Enigste addisionele kostes was dat ons R300 moes betaal vir die skoonmaak van die plek nadat ons vertrek het. Ek glo dit is standaard, maar is teleurgesteld dat dit nie ordentlik gedoen is nadat die vorige gaste daar weg is nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R1 560
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R1 560
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R1 560
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10de Laan 105, Pumula, Hibberdene, 4230, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAgLRcdC9GFHwm2aazA3YgcB7pzlHuGsZBZww0nR65GURLTOCTo9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 560 per nag (plek vir 8) 1 5 1 3 105, 10th Avenue Pumula 4230 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.639369928693 30.531252678673
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem