The View @Schoongezicht Estate
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Schoongezicht-weg 8131, Schoongezicht Estate, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 200 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
The View @Schoongezicht Estate is 'n pragtige selfsorghuis op die lieflike Schoongezicht Estate is. Dit is in die hartjie van Plettenbergbaai, en is ideaal vir 'n kuswegbreek saam met geliefdes, aangesien die huis 'n swembad het.
Dié huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n volledige en suite-badkamer. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste gebruik die derde badkamer met 'n stort.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, lugbraaier, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware asook 'n koffiemasjien toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die skuifdeure lei na 'n onderdakstoep met meubels, 'n etenstafel en 'n swembad waar gaste kan afkoel. Daar is ook braaigeriewe en die huis is 10 minute vanaf die strand en winkels.
Slaapplek
’n Bespreking by The View @Schoongezicht Estate sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Pretty Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 7
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Schoongezicht-weg 8131, Schoongezicht Estate, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Schoongezicht-weg 8131, Schoongezicht Estate, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom