Montagu Akkommodasie by The Vineyard Country House | LekkeSlaap
+18

The Vineyard Country House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 42 Long Straat, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Die Vineyard Country House is op 'n werkende vrugteplaas en kleinhoewe met wingerd in die geskiedkundige Langstraat geleë. Die perseel is binne loopafstand van restaurante en die meeste toeristebesienswaardighede geleë. Ons 4 en suite-kamers is noukeurig ingerig met snoesige beddens en luukse linne.

Die eiendom het 'n romantiese en ontspanne atmosfeer vir ons gaste om te geniet. Koffiedompelpotte met varsgemaalde koffie, 'n keuse van teesoorte en haardroërs word voorsien. Ons het ook LCD-TV's en DVD-spelers laat installeer in al die kamers, en bied jou 'n keuse van klassieke en moderne films vir jou genot. 'n DStv-boeketdiens met sekere kanale is ook beskikbaar.

Vermaakgeriewe sluit die volgende in: 'n 14 meter lange swembad in die wingerde net 'n klipgooi van die slaapkamers af, masserings, manikure en pedikure (op versoek) en 'n eerlikheidskroeg vol peuselhappies en drankies. Jy kan ook gaan stap tussen die pragtige wingerde en boorde.

Daar is 'n verskeidenheid skilderagtige staproetes om van te kies, waarvan 'Lovers Walk' 'n gunsteling is en jou al die pad na die warmwaterbronne neem. Gaan stap gerus in Langstraat af ‒ die Victoriaanse geboue en geskiedkundige terreine sal jou aan die vervloë dae herinner. Gaan op 'n uitstappie op die bekende trekkerrit wat eindig met 'n smullekker potjiekos-maaltyd. Vir die meer avontuurlustige gaste is daar vierwielmotorfietsry, rotsklim en fietsry en, natuurlik, laaste maar nie die minste nie, 'n hele paar bekroonde wynplase om te besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits
  • Italiaans

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 14 resensies vir The Vineyard Country House
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • 42 Long Straat, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Vineyard Country House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Montagu Boland Wes-Kaap
Vanaf R1 500
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 500
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 42 Long Straat, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBjZjZhOTRlLWZkODYtNDMwMC04YTExLTMzZTBiMWQwMTZhNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (vir 2 persone) 14 5 1 5 42 Long Street Montagu 6720 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.789472 20.119894
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za