+25
Selfsorg in Witsand

The Whale Place

8 gaste

4 slaapkamers

5 beds

4 badkamers

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • 72 Duinepark, Witsand, 6666, Wes-Kaap Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

The Whale Place bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n huis met 4 slaapkamers wat reg op die strand in Witsand geleë is. Dié huis het 'n pragtige uitsig oor die riviermonding, Infanta en die see en is stapafstand van die hoofswemstrand en die getypoel.

Die huis het slaapplek vir 8 gaste in 4 slaapkamers. Daar is 3 slaapkamers in die hoofhuis, waarvan een 'n en suite-badkamer met 'n stort het. Die ander 2 slaapkamers het toegang tot 'n aparte badkamer met 'n bad, en daar is ook 'n toilet bo. Die vierde slaapkamer is 'n buitewoonstel met 'n badkamer wat 'n stort het. In dié kamer is daar ook 'n yskas en mikrogolf. Twee van die slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed, 1 slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die huis het 'n oopplan-leefarea en 'n braai-area bo met 'n pragtige uitsig oor die see. Die kombuis is met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolf en skottelgoedwasser toegerus. Die kombuis het ook 'n toonbank met stoele. Die eenheid het ook 'n wasmasjien. Daar is privaat toegang tot 'n rustige strand waar daar geen openbare voetpaadjies is nie, en dit is nie ver van die hoofswemstrand by Witsand nie.

WiFi is beskikbaar in die huis.

Daar is 'n omsetter vir gebruik tydens beurtkrag sodat die WiFi en basiese elektriese toestelle steeds sal werk.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 49 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Theresa D
Saam met vriende
5.0
Heerlik gekuier. Baie netjiese huis met alles wat ons benodig het. Die braaiplek aan die agterkant van die huis is baie gerieflik tydens die winderige...
Sien meer
Nov 2025
Sumaya L
5.0
Loved it, looking forward to our next visit. We enjoyed every moment. We came for a fishing competition and the location was perfect. R...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Linda P
Gesin met tieners
5.0
Heerlike huis om in te ontspan. Fantastiese uitsig en reg op die strand. Die huis het alles wat jy nodig het, insluitend 'n wasmasjien, tumble dryer e...
Sien meer
Okt 2025
Tiaan L
Saam met lewensmaat
5.0
Absolutely wonderful. It was absolutely amazing from the layout to the view, absolutely perfect and close to the ocean to go fishing.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Anne S
5.0
Wonderful, comfortable stay with all amenities! Perfect for a family gathering of 8 adults. Great proximity to the beach and tidal pool...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Lynrae Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 49

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 72 Duinepark, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Whale Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 000
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag (plek vir 8)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 3 000
per nag (plek vir 8)
Bespreek

72 Duinepark, Witsand, 6666, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcc67a85b48815af626a274c27a048273e441cb91fbbacc3a19098cf059bea9d89b0c4c730d75c7ce91d5c38a48ada3fd2ae3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag, vir 8 mense 49 5 1 5 72 Duinepark Witsand 6666 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 09:00 -34.391987946574 20.863040728836
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang