Thorntree Lodge
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Portion 1177 Vyfhoek, , Potchefstroom, 2520, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R850 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Thorntree Lodge is 'n bosveldodge sowat 3 km van Potchefstroom se Bult, die Universiteit van Noordwes en 500 m van die Featherhill-trouvenue en -spa af.
Die lodge bied puik akkommodasie in 'n stil omgewing met voëllewe en wilde bokkies wat tussen die kamers wei.
Verblyf is beskikbaar in 5 semi-selfsorgkamers.
Daar is 2 semi-selfsorgkamers wat elk 'n privaat ingang, koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort het. Dié kamers het ook 'n mooi uitsig oor die bos, voëlbak en is naby die boma.
Die ander 2 semi-selfsorgkamers het elk 'n privaat ingang, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die laaste semi-selfsorgkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die kamers is privaat.
Daar is ook staproetes vir besoekers wat soggens of laatmiddae 'n entjie wil gaan stap. Gaste kan ook heerlik braai by die boma en gebruik maak van die lapa-geriewe. Die geriewe is slegs vir gaste en bespreking moet vooraf met die eienaars gereël word. Houtskool en/of hout word nie voorsien by die lodge nie.
Die eenhede is ideaal vir enige geleentheid, sakereisigers, trougaste van 'n nabygeleë trouvenue af, ouers wat hul kinders by NWU besoek, of bloot net van die gedruis van die stad om 'n bietjie vars lug in te neem.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Rina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 94
Jare op LekkeSlaap 9
Ligging
- Portion 1177 Vyfhoek, , Potchefstroom, 2520, Noordwes
- Gaste dink Thorntree Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Oude Dorp Potchefstroom Noordwes
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Portion 1177 Vyfhoek, , Potchefstroom, 2520, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom