Three Feathers Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Three Feathers Cottages is geleë in die Oliphantskop Privaat Natuurreservaat in Langebaan, 'n klein strandmeerdorpie aan die Kaapse Weskus. Langebaan is net 'n uur se ry van Kaapstad af en dit is die ideale bestemming as jy die Weskus en die magdom besienswaardighede in die omgewing wil verken.

Die verblyf bestaan uit 3 selfsorgkothuise met slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders elk. Elke kothuis het 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en - leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is 'n slaapbank in die leefarea.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n tweeplaatstoof, 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is sitplek vir 4 gaste in die eetarea en die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word ook voorsien. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Die perseel het 'n uitsig oor die Equestrian Estate Long Acres en noordelike kant van Saldanha. Die blyplek het 'n ontspanne, plattelandse atmosfeer met voëls, perde en oop ruimtes vir voetslaan, stap en fietsry. Jou gasheer en gasvrou, Leonard en Babeta de Klerk, kom albei van die Weskus af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Three Feathers Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false