Time Cottage Dullstroom

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Time Cottage Dullstroom is 'n rustige kothuis in die veilige Critchley Common-kompleks in die hartjie van Dullstroom. Critchley Common het pragtige klipkothuise in lieflike tuine met 'n sierfonteintjie en eenddam in die middel.

Time Cottage het slaapplek vir 10 gaste in 4 slaapkamers. Dié kothuis het 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die huisie is ruim, elegant en privaat.

Die eerste en tweede slaapkamer is op die onderste verdieping. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, enkelbed en 'n volledige en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-stort, met 'n toilet en wasbak.

Die derde en vierde slaapkamer is op die boonste verdieping. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n enkelbed. Die vierde slaapkamer het 3 enkelbeddens. Dié 2 kamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en eetgerei en breekware word voorsien. Die leefarea het 'n TV met DStv, en 'n kaggel. 'n Hopie brandhout word eenmalig met aankoms voorsien. Buite is daar 'n privaat stoep met Weber-braaigeriewe.

Daar is onderdakparkeerplek vir 1 voertuig en ruimte vir 'n tweede voertuig in die oprit. Die boorgatwater is skoon en dis veilig om uit die krane te drink.

Slaapplek

'n Bespreking by Time Cottage Dullstroom sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Time Cottage Dullstroom gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 800 per nag (vir 10 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za