Tontelbossie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tontelbossie is 'n selfsorg-eenheid op die hoek van Malan- en De Villiers-straat 25 in Calvinia. Die huisie is een van 2 huise op die perseel en is geskik vir 'n gesin van 6. Let daarop dat die ontvangs by Die Ou Lady by Waterstraat 29 is.

Verblyf word gebied in 'n 1-slaapkamerhuisie met 'n oopplan-leefarea, lugversorging, 'n dubbelbed, enkelbed, ingeboude kaste en 'n badkamer met 'n stort en 'n wasbak. Die oopplan-kombuis het 'n Sunbeam 20L-oond en tweeplaatstofie, 'n yskas, vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, en dubbelwasbak. Tontelbossie het ’n enkelbed en 1 dubbelbed in die leefarea wat deel is van die oopplan-kombuis. Linne en handdoeke word voorsien en daar is elektriese komberse op al die beddens.

Die eenheid het ook platskerm-TV's met sekere DStv-kanale, insluitend kykNET, flieks en alle sportkanale, in die leefarea en die slaapkamer. Die eenheid het verder 'n kombuistafel met ekstra sitplek, 'n wasmasjien en waaiers in die leefarea. Daar is 'n braaidrom en sitplek rondom 'n tafel buite. Ongelukkig is daar nie WiFi nie. Daaglikse skoonmaakdiens beskikbaar op versoek. Gaste kan gerus aanklop by Die Ou Lady vir ontbyt of middagetes.

Al die vensters het volledige diefwering en daar is 'n veiligheidshek. Ons bied ook onderdakparkeerplek agter 'n hek. Daar is 'n draagbare braai buite.

Slaapplek

'n Bespreking by Tontelbossie sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Skoonheidskliniek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tontelbossie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R780 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false