Topanga 44

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Topanga 44 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Uvongo. Die kompleks is naby die strand en spog met 2 swembaddens en 'n braai-area.

Die woonstel is op die eerste verdieping , het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en toegang tot 'n balkon. Die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo. Dié kamer maak gebruik van die tweede badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet.

Die oopplan-kombuis is goed toegerus en beskik oor 'n graniettoonbank, yskas, mikrogolfoond, 'n oond, stoof, ketel en 'n tuimeldroër. Die sitkamer langsaan het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt, so gaste kan hulle eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Explora-dekodeerders sal ongelukkig nie gekoppel kan word nie.

Die leefarea lei na 'n balkon met 'n tafel en stoele. 'n Motorafdak is beskikbaar vir 1 voertuig. Topanga 44 is naby 'n Spar, 'n paar restaurante en net 'n entjie se ry van besienswaardighede in Margate af.

Slaapplek

'n Bespreking by Topanga 44 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Tripelstapelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Topanga 44 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 210 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za