Tora Rona

Voeg by Gunstelinge

 

Weeksdagaanbod 10 % af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 7 Jul 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Tora Rona is 'n selfsorghuis in Marlothpark met slaapplek vir 4 volwassenes. Alhoewel daar 2 slaapbanke in die voorste vertrek is, is die spasie beperk en is dit verkieslik geskik vir 2 ekstra kinders. 2 volwassenes kan ook geakkommodeer word, indien hulle gemaklik is daarmee.

Dié huis het lugversorging en beskik oor 2 slaapkamers wat 'n badkamer met 'n stort en bad deel. Daar is ook 'n gaste-toilet. Linne word voorsien. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Daar is 2 slaapbanke in die sitkamer en DStv is beskikbaar. Gaste word versoek om asb. hul eie handdoeke en toiletpapier saam te bring.

Die oopplan-kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, stoof en oond, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe en alles wat jy benodig buite vir braai of potjie.

Die leefarea lei na 'n stoep met 'n ingeboude braai en 'n swembad. Daar is 'n gasgeiser asook noodligte indien die krag afgaan. Rook is verbode in Tora Rona, en ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie. Let asseblief daarop dat die huis gebruik maak van 'n septiese tenk.

Tora Rona word gereeld besoek deur vlakvarke, koedoes, rooibokke, volstruise, duikers, ens. en teen sonsondergang kan nagapies ook gesien word. Marlothpark grens aan die Krugerwildtuin, en Tora Rona is net 14 km van die Krokodilbrug-hek af.

Let ook asb. daarop dat dit 'n malaria-gebied is. Gaste moet asb. onthou om malaria-insekweerder in te pak.

Daar word geen musiek en geraas toegelaat nie. Luister asb. na al die wonderlike bosgeluide en respekteer almal om jou se stilte.

Slaapplek

'n Bespreking by Tora Rona sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tora Rona gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R799 R799 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 7 Jul 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za