LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Toshari | LekkeSlaap
+17

Toshari

Gastehuis
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Scott Laan, , Messina, 0900, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Welkom by die rustige Toshari B&B in Musina, Limpopo. Ons het luukse en gemaklike akkommodasie teen 'n sakpas-prys in 'n stil omgewing in Musina. Die bekoorlike klein dorpie van Musina is tussen Kremetartbome en Mopani-bome geleë in die mees noordelike deel van Suid-Afrika; op pad na verskeie ander bestemmings in Afrika. Dit is selfs bekend as die Poort na die Noorde!

Ons bied 7 luukse bekostigbare kamers, elk met sy eie badkamer. Elke kamer het sy eie ingang, met stoep en bankies, wat op 'n lieflike tuin oopmaak. Hierdie nuwe gastehuis spog met DStv, lugversorging, yskassie, digitale kluis, tee- en koffiegeriewe, haardroër en linne van topgehalte. Die kamers word daagliks skoongemaak en handdoeke sal op aanvraag vervang word. Linne word elke vierde dag vervang vir die besoekers wat langer aanbly. Onderdak-parkering en 'n elektriese heining om die perseel, sowel as 24 uur-sekuriteit. Ons is binne loopafstand van verskeie restaurante, wat ook wegneemetes voorsien. Musina lê tussen die manjifieke Kremetart- en Mopaniebome, in die mees noordelike deel van Suid-Afrika en is reeds gedoop as die "Poort na die Noorde". Ons is slegs 15 km vanaf die grens na Zimbabwe by Beit Brug, 120 km vanaf Botswana se grens by Pont Drift, slegs 35 km na Tshipise se minerale warmwaterbron, 150 km vanaf die welbekende Kruger Nasionale Park en 70 km vanaf Mapungubwe Nasionale Park; die tuiste van die goue renoster en Wêreld Erfenisgebied.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Ligging

  • 1 Scott Laan, , Messina, 0900, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Scott Laan, , Messina, 0900, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM1ZWJlZDNiLTA3YWMtNDMyMy04YzNmLTUyYjE3ZTlkYzg1MA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (plek vir 2) 1 Scott Avenue Musina 0900 Limpopo 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -22.354245929277 30.035154575394
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!