Komatipoort Akkommodasie by Trees Too Guest Lodge | LekkeSlaap
+36

Trees Too Guest Lodge

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Furley-straat 9-11, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 160 R928 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Trees Too Guest Lodge is 'n klein gastehuis wat deur 'n gesin besit en bestuur word en 'n kroeg en restaurant het (geen selfsorg-geriewe nie). Dit is net 8 km vanaf die Krokodilbrughek na die Krugerwildtuin, 6 km van Mosambiek se grens af en 64 km van Swaziland se grens af. Daar is WiFi deur die hele lodge.

Ons bied 8 en suite-kamers wat elk 1 tot 6 gaste kan akkommodeer. Elke kamer het 'n koel grasdak met lugversorging, WiFi, kroegie, koffie- en teemaakgeriewe en DStv. 2 van die kamers is rolstoelvriendelik.

Ons het 'n klein gelisensieërde kroeg en restaurant wat ontbyt en aandetes vanaf 'n diverse spyskaart bedien. Ete-pakkies kan ook voorsien word indien vooraf gereël. Laat weet ons asseblief vooraf indien jy aandete in ons restaurant wil eet. Let daarop dat geen selfsorggeriewe van enige aard beskikbaar is nie.

Die lodge bied baie doendinge en sal safari's en bosveld-uitstappies saam met gekwalifiseerde gidse kan reël. Verder is daar olifantsafari's, mikrovliegtuigvlugte, dagtoere na Maputo of plaaslike strand, Swaziland, visvang, gholf, en nog meer. Ons het ook 'n pluimbalbaan en swembad op die perseel. Wanneer jy 'n toer bespreek vereis ons minimum 48 uur kennisgewing. Andersins kan jy self na baie van die plekke ry - ons maak graag voorstelle met betrekking tot besienswaardighede en roetes. Bly 'n paar dae om die suidelike Krugerwildtuin, Mosambiek en Swaziland te verken, onthou jou paspoort!

NB: Ons hekke is van 22:00 tot 05:00 gesluit om 'n rustige nag se slaap te verseker vir al ons gaste. Gaste mag nie tussen hierdie ure inkom en uitgaan nie. Dit is nie onderhandelbaar nie. Veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel en ons kan tot 9 motors en 1 tot 2 klein sleepwaentjies akkommodeer, laat weet ons asseblief voor die tyd of jy 'n sleepwaentjie saambring.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans
  • Spaans
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 23 resensies vir Trees Too Guest Lodge
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Furley-straat 9-11, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Gaste dink Trees Too Guest Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 160
Vanaf R928
per nag (vir 2 persone)
was R1 160
Vanaf R928
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Furley-straat 9-11, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFmNTg0OWNiLTM1ZTUtNDBlMy05MzE3LWVhZjM4MTc4MDg4Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 160, nou Vanaf R928  per nag (vir 2 persone) 23 5 1 5 9-11 Furley street Komatipoort 1340 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -25.429722399502 31.952032148838
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za