Tres' Belle
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Anaboomsingel 24, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Tres' Belle bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde woonstel in Wavecrest, Jeffreysbaai. Dit is naby aan die strand.
Die woonstel het 'n oopplan-uitleg en het slaapplek vir 4 gaste in totaal, verkieslik net 2 volwassenes. Die woonstel beskik oor 'n koningingrootte-bed en daar is 'n badkamer met 'n stort en 'n leef-, eet- en kombuis-area. Die leefarea is gemaklik en het 'n klein eetkamertafel en stoele. Die kombuisie is toegerus met 'n ketel, mikrogolf, broodrooster, yskassie, eetgerei en breekware. Die woonstel het 'n TV wat DStv (premium) het, linne en ekstra komberse. Daar is WiFi. Gaste het toegang tot 'n privaat ingang en is welkom om gebruik te maak van die braaigeriewe. Gaste moet asseblief hul eie strandhanddoeke saambring en die braaigeriewe vooraf bespreek.
Die ligging is ideaal vir sakereisigers of vakansiegangers en dit is gerieflik minder as 'n uur van Port Elizabeth Internasionale Lughawe af geleë, minder as 5 km van Fountains Mall en dit is ook naby aan verskeie winkelsentrums, restaurante en koffiewinkels. 'n Daguitstappie kan jou na verskeie besienswaardighede neem, soos Stormsrivier, net 115 km weg, en die Tsitsikamma natuurreservaat.
Kenmerke
Geriewe
- Gratis WiFi
- WiFi
Ligging
- Anaboomsingel 24, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Wavecrest Jeffreysbaai Cacadu-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Anaboomsingel 24, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom