Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Trout River Falls

Selfsorg
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Op die R540, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Trout River Falls is 'n pragtige forrel-lodge op die historiese plaas Klipsteen in die Steenkampsberg se valleie in Mpumalanga. Trout River Falls bied luukse selfsorgverblyf vir paartjies, gesinne en groter groepe. Die pragtige eiendom word deur woude, watervalle en berge omring. Daar is 'n verskeidenheid voëllewe, inheemse woude en blomme in die omgewing.

Verblyf word in 8 oopplan-selfsorgchalets gebied wat elk geskik is vir 2 volwassenes. Elke chalet het 2 enkelbeddens of 'n koningingrootte-bed, ondervloerse verhitting, en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is 'n sitarea met 'n kaggel en 'n TV met OpenView-kanale. Elke chalet het 'n kombuis wat met 'n mikrogolfoond, tweeplaatstoof, oondjie, tee- en koffiemaakgeriewe, eetegrei, breekware en skoonmaakgeriewe toegerus is. Elke chalet lei na 'n balkon met sitplek en privaat braaigeriewe.

'n Ekstra enkelbed kan in elke chalet vir 'n jonger gas geplaas word. Sosiale troeteldiere is welkom indien vooraf gereël. Die chalets word daagliks skoongemaak. Daar is veilige parkeerplek.

Trout River Falls het 'n restaurant op die perseel en 'n gelisensieerde kroeg ,et 'n TV met DStv-kanale, 'n kaggel en WiFi. Daar is soggens 'n psionele ontbyt in die ontbytkamer of in die teetuin wat 'n uitsig oor die forreldamme en die pragtige omgewing het.

Gaste kan op 'n vang-en-vrylaat-basis kunsvlieghengel, gaan stap in die lodge en by die prentjiemooi plekke langs die damme uitspan, of na die waterfal toe stap. Gaste kan in 'n natuurlike poel swem of gaan piekniek hou. Die lodge is die ideale wegbreekplek vir gaste wat na en van die Krugerwildtuin en ander laeveldgebiede reis. Trout River Falls is op die R540 tussen Dullstroom en Lydenburg.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 3 resensies vir Trout River Falls
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.6/5

Wilmari Geverifieer

Eiendomme 24

Resensies 380

Jaar gelys 7

Ligging

  • Op die R540, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
  • Gaste dink Trout River Falls het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Op die R540, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe6286c0f19f6bdb5c77f3c33f1af2d48da74e33c32089ddbca4a59a4f3f9184fc35834b8aa3dcd4cbcf1638d94afc91efb1e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag, vir 2 mense 3 5 1 5 On the R540 Lydenburg 1120 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -25.220117 30.302233
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem