Louis Trichardt Akkommodasie by Tshedza Guest Lodge | LekkeSlaap
+19

Tshedza Guest Lodge

B&B

Opsomming van Resensie

1.4 uit 5van 2 resensies vir Tshedza Guest Lodge
Netheid
1.0/5
Diens
1.0/5
Ligging
2.0/5
Veiligheid
1.5/5
Waarde vir geld
1.5/5
Charlotte P - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
1/5
Charlotte P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ek wil julle waarsku.

Ons kamer was definitief nie voorberei vir gaste nie. Die bedlampie het nie lampie in nie. Die plek se stort is vuil en stortrakkie was afgebreek en los. Rakkie het afgeval. Daar is net een koffiebeker in kamer. Kopstuk van bed se materiaal is stukkend en lyk of dit vervang moet word. Muur langs gordyn is so vuil en verf is af. Die plek het 'n lugverkoeler. Ons moes vra vir remote. Die ontvangspersoneellid stel die lugverkoeling so warm in die plek. Die hele plek is oorverhit orals waar jy loop. Die bed is donkerhout, maar is so verniel. Dit moet vervang word. Die toiletpapier was 'n kwart rolletjie toe ons arriveer, moes vra vir nog toiletpapier. Daar is die vuilste dubbelprop in die kamer. Die gastehuis het Sondagoggend kerkdiens in die grasdakhuisie op die erf. Die mense raas baie in hierdie gastehuis. Die karre blaas "toeter" by die hek sodat die gastehuis hek oopmaak. Definitief nie 'n plek waar jy rus gaan inkry nie. Hierdie plek lyk so mooi op die foto's op internet, maar gaan besoek die plek en die ervaring is teenoorgestelde wat jy sal sien en ervaar.

Christiaan D - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
2/5
Christiaan D
Saam met vriende

Ek was baie onrustig om hier te bly.

Ek was baie teleurgesteld in die plek gewees. Dit is in 'n baie slegte area geleë en ek het onveilig gevoel in die gastehuis. Ons was in Louis Trichardt vir 'n troue. Ons het voor die troue by die gastehuis reggemaak. Dit was so sleg daar ons het besluit om ons tasse te pak en saam troue toe te vat en gehoop om ander slaapplek by iemand anders te kry. Dit het toe nie uitgewerk nie en ons moes toe maar teruggaan na die gastehuis toe. Daar was baie geraas regdeur die nag en 'n aanhoudende klop aan ons deur. Ons kon nie gou genoeg die volgende oggend daar wegkom nie. Dit was nou regtig 'n slegte ervaring.

Vanaf R620
per nag (plek vir 2)
Vanaf R620
per nag (plek vir 2)
Vanaf R620
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jeppe-straat 59a, Makhado, Louis Trichardt, 0920, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAZTsIVEv4Hy5M2TuB7hROcflCfKdl3ek8zVYpfcaikeogx5WoaR?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R620  per nag (plek vir 2) 2 5 1 2 59a Jeppe Street Makhado 0920 Limpopo 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -23.042869 29.88975
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za