LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Tshukudu Game Lodge | LekkeSlaap
+52

Tshukudu Game Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 37 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: KT 207, Portion of Vienna, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 200 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Tshukudu Game Lodge is in 'n privaat wildreservaat van 3800 hektaar geleë en grens aan die gewilde Krugerwildtuin. Die lodge bied lieflike uitsigte oor die Drakensberge en jy kan 'n groot verskeidenheid wild, insluitend die Groot 5, van naderby beskou.

Ons is 'n 4-ster-lodge en bied slaapplek in 17 individuele eenhede. Elke eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n stort en is toegerus met 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, haardroërs en 'n kluis. Geriewe word daagliks aangevul. Voorsiening is in sekere eenhede gemaak om rolstoele te akkommodeer.

Buffet-ontbyte en ligte middagetes word bedien op die grasdakstoep. Ons voorsien Suid-Afrikaanse disse wat met vars, plaaslike bestanddele voorberei is. Buffet-aandete word gewoonlik om die knetterende vuur en onder die sterre in die Afrika-boma geniet. Tradisionele disse van wildsvleis kom ook voor op die egte Suid-Afrikaanse spyskaart.

Gaste kan ontspan op die leunstoele onder die grasdak langs die swembad. Dit is ook 'n goeie plek vir wildkyk. 'n Watergat lê net duskant die lodge en wildsbokke, olifante en buffels is gereeld hier te sien.

Gaste het elke dag die geleentheid om die reservaat te voet te ervaar. Bosuitstappies bied die ideale geleentheid vir natuurliefhebbers en avontuurlustiges om die ongelooflike wildlewe van Afrika van nader te ervaar. Vir gaste se veiligheid sal hulle vergesel word deur 'n hoogs gekwalifiseerde gids. Die lodge bied ook wildritte elke oggend en vroegaand in oop wildvoertuie met gidse wat graag hul uitgebreide kennis deel.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • KT 207, Portion of Vienna, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 200
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R5 200
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 37 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: KT 207, Portion of Vienna, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcFgbKx07Fv5KVcG3gS8ISQs1dgX8dLSbThSR643Gv0dNUtZeMc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R5 200  per nag (vir 2 persone) KT 207 Portion of Vienna 1380 Limpopo 086 999 0018 14:00-21:00 11:00 -24.315235 30.928945
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!