Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tuckaway

Gastehuis
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 2, Broadlands Stoetplaas, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R495 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Tuckaway is 'n gastehuis op die bekende Broadlands Stoetplaas net buite Somerset-Wes. Dié gastehuis word deur die eienaar bestuur en is net 6 km van Gordonsbaai-strand en 10 km van Somerset Mall af.

Die verblyf bestaan uit ’n hoofslaapkamer en is ideaal vir 'n paartjie wat smag na 'n rustige vakansie en vir enkelinge wat na ’n oornaplek soek. Die suite se dubbeldeur dien as 'n privaat ingang en lei na die tuin. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, bedkassies met lampies, en 'n volledige en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.

Die suite het 'n platskerm-TV met ShowMax, Netflix, YouTube en Prime Video, kringklank, WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe, gefiltreerde water, 'n mikrogolfoond om wegneemetes warm te maak, 'n yskassie om die biere koud te maak, 'n plafonwaaier met ’n afstandbeheer en 'n paneelverwarmer.

Daar is ook 'n etenstafel waar gaste maaltye kan geniet wat hulle terug bring na die eenheid toe. Ons voorsien borde, messe, vurke en lepels hiervoor. Wegneemetes kan in die mikrogolfoond verhit word. Die tafel kan egter ook gebruik word vir gaste wat op hul skootrekenaars moet werk.

Daar is egter ook die opsie om een van die lieflike restaurante in die omtrek te probeer.

Die reuse-komvenster en dubbeldeur bied 'n pragtige uitsig oor die tuin met al sy inheemse bome. Die houtbankie op die patio net buite die slaapkamer is ook ideaal vir besoekers wat rustig wil raak. Veilige, gratis parkeerplek word voorsien.

Die Helderberg bied vele interessante doendinge vir gaste. Somerset Mall het 204 winkels en het alles wat nodig is vir veilige gesinsuitstappies, asook ’n inkopie-ervaring van hoë gehalte.

Bikini Beach is ’n Blouvlagstrand in die sonderlinge dorpie Gordonsbaai naby ons. Dit is ’n wonderlike plek waar jy jou dag met ’n piekniekmandjie en sambreel op die strand kan geniet en saans die ongelooflikste sonsondergange kan gadeslaan.

Daar is 'n paar bekoorlike restaurante in Gordonsbaai wat sakpas-ontbyte en -aandetes bied. Tuckaway het 'n braai-eenheid wat tot by gaste se kamer geskuif kan word as gaste wil braai. Dit is egter nie op winderige dae beskikbaar nie, weens die brandrisiko. Kom ontspan ook in die nuut-opgeknapte tuin!

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Tee

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 92 resensies vir Tuckaway
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Erf 2, Broadlands Stoetplaas, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tuckaway het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R495
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R495
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 2, Broadlands Stoetplaas, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNhMmJjMWFmLWM5NTUtNGYzMi1iYTI2LTllNWIwYTIxNzc4YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R495 per nag (plek vir 2) 92 5 1 5 Portion 2, Broadlands Stud Farm Somerset West 7130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.120429354069 18.892677855156