Twelve on C
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Crawford-singel 12, Fichardtpark, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
- Vanaf R1 050 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Twelve on C bied lieflike selfsorgverblyf in die hartjie van Fichardtpark, Bloemfontein. Dit is in 'n veilige area en is 'n kort entjie vanaf winkelsentrums en hospitale.
Hierdie eenheid bied gerieflike slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne, badhanddoeke en seep word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet. Die sitarea het 'n dubbelslaapbank vir kinders en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n onderdakstoep met 'n draagbare braai. Veilige parkeerplek op die perseel is ook beskikbaar. Die huis is 2 km vanaf Rosepark Hospitaal en plaaslike winkelsentrums en restaurante is ongeveer 3 km weg.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Mariette Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 7 maande
Ligging
- Crawford-singel 12, Fichardtpark, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
- Gaste dink Twelve on C het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Fichardt Park Bloemfontein Vrystaat
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Crawford-singel 12, Fichardtpark, Bloemfontein, 9301, Vrystaat