Gauteng Akkommodasie by Twenty Three on Riverside | LekkeSlaap
+68

Twenty Three on Riverside

2 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Riverside Estates 23 , Lanseria, 1748, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 350 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Twenty Three on Riverside is die ideale plekkie vir 'n rustige boswegbreek. Bergfietsryers en voetslaners sal dol wees oor die roetes in die area. Ywerige vissermanne kan maar ook nader staan aangesien hengel met kunsaas in die skoon Krokodilrivier, en diepsee-visvang hier baie gewild is. Die lodge het lieflike grasperke en skaduryke bome en is die perfekte plek vir 'n gesinsvakansie, 'n funksie of enige ander byeenkoms. Dit is natuurlik 'n lushof vir 'n voëlkenner, en gaste mag dalk selfs 'n sku sebra of wildebees hier rond raaksien!

Elke kamer in die grasdak-kliplodge beskik oor lugversorging, 'n koninggrootte-bed, en badkamer met 'n bad en stort, yskassie, gasvryheidskinkbord met koffie, tee en suiker, en 'n TV met DStv. Ons het 2 luukse kamers (superior), en nog 3 Deluxe suites. Die Superior suites het wonderlike uitsigte oor die rivier. Elke kamer het 'n privaat ingang en word daagliks skoongemaak. Gratis parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Ontsnap die gedruis en gejaag van die stadslewe en kom kuier in hierdie pragtige, natuurlike omgewing, waar jy waarlik jou skoene kan uitskop, batterye herlaai en net weer jouself vind. Ons het 'n Jacuzzi, met sitplek vir 10, onder die bome waar jy heerlik kan ontspan met 'n drankie in die hand.

Twenty Three on Riverside is net 10 km van Lanseria Lughawe af, 27 km van Maropeng Sterkfontein-grotte af, 130 km vanaf die Wieg van die Mensdom en Sun City/Lost City, 24 km vanaf die Warmlugballon-avonture by Hartbeespoortdam, 28 km van die Silverstar Casino af, 7 km vanaf die Leeu- en Safaripark, en net 24 km van Montecasino af.

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Twenty Three on Riverside
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Riverside Estates 23 , Lanseria, 1748, Gauteng
  • Gaste dink Twenty Three on Riverside het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Gauteng
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Riverside Estates 23 , Lanseria, 1748, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeQJIi79927XEbTk2ng9GSzpwXj0CXvOXSqSij5CmqOsPQUGSvA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 350  per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 23 Riverside Estates Lanseria 1748 Gauteng 086 999 0018 14:00-23:00 11:00 -25.890556 27.914444
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za