Llandudno Akkommodasie by Two Berry House | LekkeSlaap
+22

Two Berry House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fawcett-laan 8, Llandudno, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 441 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Two Berry House is in Llandudno, 'n gewilde branderplankry-oord in Kaapstad en bekend vir sy pragtige uitsigte, restaurante, voetslaanroetes en kuierplekke. Dit is die ideale verblyf vir sakereisigers en vakansiegangers.

Dié verblyf beskik oor 4 slaapkamers. Die eerste slaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer en bied toegang tot die tuin. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n klein privaat balkon. Die derde en vierde slaapkamers het albei 2 enkelbeddens. Kamer 2, 3 en 4 deel 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Die huis het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders.

Die sitkamer bied toegang tot 'n lieflike houtdek wat die langs die huis af loop en lieflike uitsigte oor die tuin en swembad het. Die gesinskamer het 'n TV met M-Net en is verbind aan die plaaskombuis met sy groot tafel. Buite is daar 'n gazebo met 'n oop vuurherd, 'n Weber-braai en 'n trappe wat af loop na die boonste tuin.

Die slaapkamers bied toegang tot die boonste tuin met sy egalige grasperk en stinkhoutbome wat heerlike skadu bied. Daar is 'n klimraam aan die agterkant. Die onderste tuin is ommuur en het 'n hek en 'n swembad. Die huis word beveilig deur 'n elektriese heining, laserstrale in die tuin en hoë mure. Daar is ook 'n dubbelmotorhuis, ekstra parkeerplek op die perseel vir 2 voertuie en 'n ekstra kamer met badkamer vir 'n huishulp.

Slaapplek

’n Bespreking by Two Berry House sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Ligging

  • Fawcett-laan 8, Llandudno, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 441
per nag (plek vir 8)
Vanaf R5 441
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fawcett-laan 8, Llandudno, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM3ZjhjMDUxLTZkZWUtNDYyMy05ZDJkLTMxNmE3OWIzNDNiOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R5 441  per nag (plek vir 8) 8 Fawcett Ave Llandudno 7806 Wes-Kaap 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -34.009087244413 18.342806696892
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za