Two Vines Self-catering Guest Studio

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Two Vines Self-catering Guest Studio is in 'n rustige voorstad in die dorp Stellenbosch geleë.

Verblyf word aangebied in 'n oopplan-woonstel op die eienaar se eiendom. Dié eenheid is ingerig met 'n koningingrootte-bed met wit, sagte beddegoed van die beste gehalte. Die en suite-badkamer het 'n groot moderne stort, toilet en groot wasbak met pakplek onder. Die eenheid het 'n sitkamer-hoekie en eetarea vir 2 gaste. Let asb. daarop dat daar nié 'n TV is nie. Gaste kan die WiFi gebruik vir hulle skootrekenaars om TV te kyk.

Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, 'n elektriese eierkoker en 'n broodrooster. In die kaste is daar borde en alles wat benodig word. 'n Klein kontinentale ontbyt van vrugte, muesli, jogurt en sap is ingesluit vir die eerste oggend in die kamer en kan geniet word soos benodig.

Daar is 'n alarmstelsel, lugversorging, gratis WiFi en parkeerplek op die perseel beskikbaar.

Doendinge in die omgewing sluit wynproe, voetslaan, gholf, visvang, roei, perdry, 4x4-roetes en bergfietsry in. Die eienaars help graag met enige reëlings of besprekings vir wyntoere, pendeldienste of doendinge in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by Two Vines Self-catering Guest Studio sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Wynproe
  •  Fietsry

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Two Vines Self-catering Guest Studio gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za