LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Umvangazi Rest | LekkeSlaap
+57

Umvangazi Rest

8 resensies
Selfsorg

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 8 resensies vir Umvangazi Rest
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.5/5
Alicia S - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Alicia S
Saam met vriende

What an amazing place!

Some friends from overseas and I had a magical few days in Umvangazi in December. The house was spacious, clean, had aircon, full kitchen amenities which was perfect for our needs. The braai area and swimming pool was great too, and we got to see some wildlife drinking at the watering holes on the property. I would highly recommend this place to anyone, and really cannot wait to go back.

Umvangazi Rest's terugvoer

Thank you for the wonderful feedback. We hope to see you soon again.

Umvangazi Rest
Johannes P - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Johannes P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustige woonplek vir natuurliefhebbers. Ideal vir besoeke aan Krugerwildtuin.

'n Beslis ideale plek vir familievakansies. Goed toegerus met televisie vir stiller geleenthede. IdeaaI ook vir besoeke aan ander besienswaardighede insluitend die Krugerwildtuin.

David G - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
David G
Gesin met klein kinders

'n Huis weg van jou huis..

Het die week van 16 tot 23 Desember 2018 saam my familie vreeslik geniet by Umvangazi. Eerste 3 dae was ongeveer 42 grade en is dankbaar dat daar air-con in al die kamers was en 'n splash pool om in af te koel. Nagapies het ons elke aand kom besoek en deur die dag het die koedoes, apies, zebras, vlakvarke asook meerkatte 'n draai kom maak. Binne-in huis is daar aan alles gedink om gaste se behoeftes te bevredig. Sal beslis Umvangazi aanbeveel vir 'n lekke bosvakansie, asook om self weer besoek.

Uschi B - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
2/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Uschi B
Gesin met klein kinders

Rustig.

Ons het ons verblyf vreeslik geniet. Ek vermoed die personeel se verblyf is basies nie ver agter die huis nie, want hulle het elke aand hulle musiek vreeslik hard gespeel. Aangesien die huis ook naby die een hek is, het mens die personeel aan diens ook hoor praat, hulle praat kliphard.

Umvangazi Rest's terugvoer

Beste Uschi, ons is bly julle het die verblyf geniet en waardeer jul terugvoer. Ons vra ook omverskoning vir enige ongerief die geraas mag veroorsaak het. Ongelukkig is dit buite ons beheer, siende dat die geraas ontstaan vanaf die plaas wat grensende is aan Marloth Park. Ons neem dit wel op met Marloth Park bestuur.

Umvangazi Rest
Madelein M - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Madelein M
Gesin met klein kinders

Ongelooflike ervaring en pragtige akkommodasie in die hart van die natuur.

Ons naweek by Umvangazi Rest was alles en nog meer wat ons verwag het. Die huis is pragtig geleë en baie gerieflik. Ons het besoek van vele diere gehad op ons voorstoep en het heerlik in die swembad en rondom die vuur gekuier. Ons sal verseker weer besoek aflê. Dit was 'n ongelooflike naweek vir ons.

Jacques L - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jacques L
Saam met vriende

Fantastiese ervaring na aan die natuur.

Dit was fantasties om die diere van so naby te sien. Die lodge het aan al ons verwagtinge voldoen. Dit is net bietjie ver uit die Kaap, anders was ons definitief meer gereeld daar.

Annali G - Mei 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annali G
Gesin met klein kinders

Wonderlik, stil omgewing. Gasvrye eienaars.

Baie dankie vir 'n heerlike bosveld-rusplek! Ons het elke aand om die braaivuur besoek ontvang van die nagapie -familie, koedoes en rooibokke. Die kinders (ouderdomme 8 tot 15 jaar) het vroegoggend gaan fietsry en 'n absolute fees gehad. Sal beslis weer kom. Die huis is volledig toegerus om 'n gemaklike wegbreek te verseker.

Mildred K - Okt 2015
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Mildred K
Gesin met klein kinders

Die huis is baie raserig.

Dis 'n baie lekker plek om weg te breek, maar dan moet jy glad nie die boonste gedeelte van huis gebruik nie, aangesien dit vreeslik warm (42 grade) was. So ook onder in die leefgedeelte. Daar is geen lugversorging onder in die TV-kamer en kombuis of in ons slaapplek nie. Die plonspoel het darem bietjie lafenis gebied. Die braairooster buite moes ons self skoonmaak. Dit was nog vol vet van 'n vorige braai. Die dun plankvloere was regtig 'n probleem, so ook die meubels wat daar is. Dit was glad nie klankdig nie. Alles het gekraak in die nag en ons kon glad nie bietjie laat slaap nie, wat nog te sê van slaap. Sal definitief nie weer hierdie huis bespreek nie.

Umvangazi Rest's terugvoer

Beste Millie

Ons is jammer om te hoor dat julle nie gemaklik was in die huis nie. Dit is ook so dat daar 'n hittegolf deur die land beweeg het met julle aankoms en die tyd wat julle daar gebly het. Dit kon die leefbaarheid in die area glad nie gemaklik gemaak het nie. Daar is nie 'n lugversorger in die leef area onder en op die solder nie maar wel los staande waaiers om te help afkoel. Ons sal wel aandag gee daaraan in die nabye toekoms. Daar is wel lugversorging in die kamers wat baie help daar.

Ons is ook jammer dat die hout meubels nie voldoen het aan julle vereistes nie, ons probeer om die dekor in die huis volgens die Afrika tema te volhou. Die plank vloere is volgens standard bou praktyk gedoen en ons kan nie n opinie gee oor die klankdigtheid van die huis nie.

Ons waardeer die opregte terugvoer en sal ons bes probeer om te verbeter op die kommentaar ontvang.

Taryn

Umvangazi Rest
Vanaf R1 275
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 275
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 275
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kiaatweg 183, Marloth Park, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM2MGZkM2NmLTk3OWItNGU2Yi1hZTBlLTI2MDdiZjhjYjI3YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 275  per nag (plek vir 8) 8 5 1 5 183 Kiaat Road Marloth Park 1330 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -25.396343021473 31.7635104407
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!