Umzumbe Akkommodasie by Umzumbe Beach House | LekkeSlaap
+14

Umzumbe Beach House

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stiebel Rocks-weg 252, Umzumbe, 1941, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Umzumbe Beach House is 'n selfsorghuis, met slaapplek vir 10 gaste, op 'n pragtige sandstrand met privaat toegang tot die strand. Dis 'n lushof vir liefhebbers van die see, sand en son. Geniet 'n heerlike braai op die stoep met die suisende branders minder as 60 meter van jou af. Daar is 'n privaat strandpaadjie deur die welige duineplantegroei wat direk na die eindelose strand lei. Umzumbe is bekend as 'n hengelparadys en die Blouvlagstrand is ideaal vir swem en branderry.

Die huis is 'n groot, skoon en gerieflike oopplan-vakansiehuis met slaapplek vir tot 10 gaste. Glasdeure lei na die groot veranda met 'n uitsig oor die see en die privaat tuin. Daar is ook 'n groot oopplan-kombuis met potte, panne, kookgerei, eetgrei en braakware.

Daar is 4 slaapkamers en 2 badkamers. Slaapkamer 1 het 'n dubbelbed en en suite-badkamer met 'n stort en bad. Slaapkamer 2 het 'n dubbelbed en stapelbed. Slaapkamer 3 het 2 enkelbeddens en Slaapkamer 4 'n dubbelbed.

Die volledig toegeruste oopplan-kombuis het 'n mikrogolf, vrieskas-yskas, en 'n broodrooster. Die groot sitkamer het 'n Hi-Fi wat CD's en radio speel en beskik oor 'n USB-poort vir jou mp3 speler. Daar is 'n aparte sitkamer met TV en 'n DStv-skottel is beskikbaar, gaste moet asseblief hul eie slimkaarte saambring. Die stoep bied 'n uitsig oor die strand, braai en is toegerus met butiemeubels. Die huis het ook 'n privaat tuin. Vir jou gemoedsrus is daar 'n dubbelmotorhuis met stoorspasie.

Daar is 'n skoonmaker op die perseel, haar dienste is beskikbaar teen 'n addisionele koste.

Beddegoed, kussings en handdoeke word voorsien, maar bring asseblief jou eie strandhanddoeke.

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 12 resensies vir Umzumbe Beach House
Netheid
4.3/5
Diens
4.3/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Stiebel Rocks-weg 252, Umzumbe, 1941, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Umzumbe Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stiebel Rocks-weg 252, Umzumbe, 1941, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU4N2RmMTRkLTg0ZjctNDhmZi1hMjY0LTM4YTA0ZWU0MmEzNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (plek vir 10) 12 5 1 5 252 Stiebel Rocks Road Umzumbe 1941 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.627367347746 30.543756658137
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za