Up The Creek

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Up the Creek is ongeveer 4 km vanaf die dorpie Groot Marico wat langs die Marico-rivier geleë is. Dit is op 'n deeltjie van 'n plaas wat teen ongeveer 1,5 km rivier geleë is. Dit is 'n absolute voëlkykparadys.

Daar is 3 ongekunstelde selfsorgkothuise wat perfek is vir 'n ontspanne naweek, weg van die gedruis van die stadslewe. Die kothuise word omring deur vele inheemse bome en dis net 'n kort entjie se stap na die rivier toe. Elke huisie het 2 slaapkamers, die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Verder is daar 'n kombuis, leefarea en braaigeriewe.

Doendinge op die plaas sluit kanovaart, voetslaan, visvang, sterrekyk en boom-uitken in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Up The Creek gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false