Uvongo Square

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie netjiese en moderne selfsorg-eenhede in Uvongo aan KwaZulu-Natal se Suidkus is stapafstand van die strand af en is nét die plek vir 'n onvergeetlike strandvakansie.

Die eenhede het slaapplek vir 4 tot 6 volwassenes en die hoofslaapkamers het elkeen 'n koninggrootte-bed. Stapelbeddens bied slaapplek aan 2 tot 4 ekstra gaste. Die sitkamer het ook 'n LCD-TV (42"). Gaste moet asseblief hulle eie DStv-dekodeerder en slimkaart vir toegang daartoe saambring. Elke kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond en al die noodsaaklike kombuisware. Sekere van die eenhede beskik oor 'n wasmasjien.

Die balkonne van die eenhede op die tweede vloer van dié veilige kompleks spog met lieflike see-uitsigte. Jou voertuig is veilig in 'n onderdakparkeerplek agter 'n afstandbeheerde veiligheidshek. Die hoof-trekpleister van die kompleks is sy sentrale ligging. Dit is slegs 20 m van die trap wat na die strand lei en ook baie na aan die belangrikste winkels en geriewe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Uvongo Square gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za