LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Valknes | LekkeSlaap
+16

Valknes

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Napierstraat 6, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R906 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Valknes is 'n lieflike dorpshuis in Arniston wat slaapplek vir 6 gaste het.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. 2 van die kamers is in die huis en deel die gebruik van 'n badkamer. Daar is 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede kamer. Die derde kamer is buite die huis en het 'n dubbelbed. Hierdie kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Beddegoed word voorsien.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, mikrogolf, 'n yskas en tee- en koffiemaakgeriewe en gaste kan hulle maaltye aan die eetkamertafel geniet. Daar is ook 'n sitkamer met 'n TV. Gaste moet hulle eie dekodeerder en slimkaart vir DStv saambring. Daar is ongelukkig nie 'n koppelpunt vir PVR-dekodeerders nie. Daar is wel gratis kanale beskikbaar. Rook is verbode in die huis.

Die huis het 'n braai-area buite en 'n motorafdak agter die huis. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Arniston bied talle doendinge en besienswaardighede, soos restaurante, lieflike strande, swem, fietsry, perdry, bergfietsry, voetslaan, visvang, walviskyk en duik tussen die skeepswrakke langs die kus. Gaste kan ook die spa by Arniston Hotel, die Waenhuiskransgrot
en die verskeie restaurante in die omgewing besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by Valknes sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Valknes
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Napierstraat 6, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Valknes het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R906
per nag (plek vir 6)
Vanaf R906
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Napierstraat 6, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAANKHe8eoChewsQgSH4h4P4z00ECVxTfSGboY7JfgeC27HmU8JXg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R906  per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 6 Napier Street Arniston 7280 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.669985582822 20.232352944775
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!