Vasbyt

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vasbyt is 'n goed ingerigte selfsorghuis en solderwoonstel wat ideaal geleë is in Paternoster, sowat 120 m van die strand af.

Die huis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis, eetarea en leefarea. Die eerste slaapkamer is met 'n dubbelbed ingerig en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer is ook met 'n dubbelbed ingerig en maak gebruik van 'n tweede badkamer met 'n bad.

Die ruim kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg. Die eetarea het 'n hout-etenstafel met sitplek vir 8 gaste. In die knus sitkamer is daar 'n kaggel en 'n platskerm-TV met DStv.

Op die patio is daar 'n braai en dis beskut teen die wind. Daar is ook 'n toesluitmotorhuis.

Vasbyt Loft is 'n bachelor-eenheid wat ideaal is vir wittebrood. Dit is lig en lugtig en het 'n stort, oopplan-leefarea, -eetarea, -kombuis, asook 'n buitebraai en onderdakstoep.

Nabye doendinge sluit perdry, visvang, voëlkyk, fietsry en swem in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vasbyt gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za