Velvet Ster

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Velvet Ster kyk op die Witteberge en is 'n kleurvolle selfsorghuis vir 6 in Rosendal.

Dié rustieke huis is op die rand van die dorp en is na die eienaars se troeteldiere, Velvet en Ster, vernoem. Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Linne en handdoeke word voorsien en daar is verwarmers in al die kamers.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-stort. Die derde kamer het ook 'n dubbelbed en maak van 'n aparte badkamer met 'n bad en 'n stort gebruik. Daar is 2 slaapbanke vir kinders in die leefarea. Daar is ook 'n koue buitebad- en stort.

Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese stoof, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan in die hoofsitkamer met 'n smeulstofie en 'n TV met 'n HDMI-kabel ontspan. Die tweede sitarea het 'n knus kaggel waar gaste kan ontspan en die uitsigte geniet. Die huis bied toegang tot 'n groot stoep wat gedeeltelik onderdak is met braaigeriewe.

Gaste kan die voëls voer of die beeste en perde in die verte dophou. Hulle kan ook die middedorp met verskeie restaurante en galerye besoek en daar is voetslaanroetes en perdritte. Fietsry is ook baie gewild.

Slaapplek

'n Bespreking by Velvet Ster sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 kind
1 x Kinderbank vir 1

Area 2 - Huisves 1 kind
1 x Kinderbank vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Velvet Ster gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false