Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Vida Nova Retreat

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Johan Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 2

Jaar gelys 2

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 2 resensies vir Vida Nova Retreat
Netheid
4.5/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
3.5/5
Maricia D - Okt 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Maricia D
Saam met vriende

Dit was lekker, maar dit het gevoel of daar iets kort, het miskien te veel verwag van die plek vir wat dit kos per aand.

Die plek was baie kleiner as wat ons verwag het, lyk nie soos op foto's nie. Baie onprakties, yskassie kan nie heeltemal oopmaak nie, dit druk teen die bed. Geen wynglase of ys of enige eetgerei in kamers nie, so mens moet van die restaurant gebruik maak as jy iets wil eet wat baie duur was en die kos was nie great nie, Japonne is baie klein. Die koffiestasie is baie sad en onprakties vir so elegante plek, die melk hourtjies wat verskaf word moet mens oopknip en daar was nie 'n skêr of mes in die kamer nie. Koffie is in 'n silwer sakkie, kan nie sien watse koffie dit is nie. Verder is die mense darem vriendelik en die ligging is mooi.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Vida Nova Retreat se terugvoer

Beste Maricia, Dankie vir jou terugvoer en ons is jammer dat jy nie die ervaring by ons hotel gehad het wat jy verwag het nie. Na afleiding van jou kommentaar vermoed ons dat jy ons verwar het met 'n self-sorg plek. Soos in enige hotelkamer, is daar geen eetgerei nie aangesien mens in 'n hotel, van die restaurant geriewe gebruik maak. Dis vir ons vreemd dat jy die kos nie lekker vind die - en ons sal graag meer inligting daar oor wil kry om te kan opvolg met ons personeel aan diens die aand. Jy is welkom om ons enige tyd te skakel. Die feit dat jy dit pryse duur vind, is ook vreemd. Ons pryse is heel in lyn met soortgelyke Kaapstadse restaurante (en soms goedkoper) . Ons restaurant is top-gehalte met slegs goeie terugvoer. Ons hotel het verskeie kamer-tipes, kyk gerus weer op ons webtuiste. Alle foto's is outentiek en die ware Jakob. Julle kamer is een van ons spog-kamers met sy privaat borrelbad op die privaat stoep wat uitsig het oor die pragtige berge. Die kamer is ergonomies ontwerp om aan alle behoeftes te voldoen en groot genoeg om aan alle internasionale luukse standaarde te voldoen. Jammer om te hoor dat jy met die melkhouertjie gesukkel het. Die melk is eenvoudig om oop te maak - geen mes of sker nodig nie aangesien daar 'n plakker oor die gaatje is wat slegs af getrek moet word. Ons is regtig jammer dat ons nie aan jullie verwagtinge voldoen het nie en miskien sou dit julle beter te doen staan in die toekoms om eerder te kyk na selfsorgopsies.

Vida Nova Retreat
Jo-renthia C - Okt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jo-renthia C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit is 'n wonderlike plek.

Daar is baie aktiwiteite wat jy kan geniet.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R2 650
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 650
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R2 650
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Vallei- en Disa-weg, Houtbaai, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA968aa69faf12ecc34c501b1826e8474f4b9a84b354ccb1dadac43d4166176f00706a8873945a1865f445e9aebeb4481e602b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 650 per nag, vir 2 mense 2 5 1 5 Cnr of Valley and Disa Road Hout Bay 7806 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.014371 18.379116
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem