Vilaroux

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vilaroux bied luukse selfsorgverblyf, in die boomryke Papegaaistraat, in die hartjie van Stellenbosch. Hierdie idilliese toevlugsoord bestaan uit 7 selfsorgwoonstelle wat volledig toegerus is en word privaat besit en bestuur deur François en Suzette le Roux.

Vilaroux is na aan die historiese Dorpstraat geleë, wat bekend is vir sy Victoriaanse meenthuise, restaurante, eikebome en nou kanale.

By Vilaroux is ons beroemd om ons gaste by te staan in al hulle behoeftes. Ons het 'n swembad, afgesonder in die tuin. 'n Dakterras met buitemeubels verskaf die perfekte plek om te ontspan en te kuier. Ons het 'n klein gimnasium, maar dis volledig toegerus vir ons gaste. Dit, en die genoegsame, veilige kelderparkeerplek, maak Vilaroux die ideale basis vir groepe, of dit vir 'n troue, sport of net 'n familie-reünie is.

Met ons sentrale ligging in skilderagtige Stellenbosch, is Vilaroux die eerste keuse, hetsy vir sakereisigers, vakansiegangers, en selfs vir gaste wat slegs vir 'n naweek wil wegbreek of een aand wil oornag.

Vilaroux is ideaal vir groepe, en bied slaapplek vir tot 26 gaste.

Indien jy verkies om nie jou eie ontbyt te maak nie, is die naaste restaurant slegs 300 m van ons af - net 'n ontspanne oggendwandeling onder die wonderlike Stellenbosch-bome weg.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vilaroux gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]