Villa Baragha Country Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Baragha Country Estate is net 20 minute se ry van Pretoria en 45 minute se ry van Johannesburg af en het die ideale ligging aan die voet van die manjifieke Magaliesberge en die omliggende plattelandse omgewing. Ons bied 'n keuse tussen standaard, luukse en selfsorgkamers wat in enige gas se vakansie- of verblyfbehoeftes sal voorsien.

Gaste kan kies tussen luukse oornagkamers en selfsorgkamers. 'n Luukse "executive"-wittebroodsuite is ook beskikbaar. Al die kamers het hulle eie privaat ingange en en suite-badkamers met 'n stort, toilet en wasbak. Die kamers het skoon gastehanddoeke, elektriese komberse vir die winter, tee- en koffiemaakgeriewe en al die nodige kamergeriewe om jou verblyf gerieflik te maak. Elke kamer het ook 'n noodkissie vir beurtkrag. Van die kamers het 'n yskassie en 'n TV. Die kamers word daagliks skoongemaak. 'n Wasgoeddiens is op versoek beskikbaar. Veilige parkeerplek word voorsien. Sekuriteit is ons top-prioriteit, so ons het goeie veiligheidsmaatreëls ingestel saam met 24 uur-sekuriteit met Fidelty en direkte GPF-radiokontak met SAP en relevante organisasies in 'n noodgeval.

Villa Baragha bied 'n verskeidenheid maaltyd-opsies wat alles vooraf bespreek moet word. Ons bied 'n kenmerkende Engelse ontbyt wat per bord of as 'n buffet voorgesit kan word. Ander beskikbare maaltye sluit aandetes, middagetes of middagetepakkies en piekniekmandjies in.

Gaste kan gerus ons kontantkroeg besoek. Andersins kan hulle gebruik maak van die braaigeriewe en luilekker saam met vriende of die familie kuier. Twee van ons braai-bomas kyk oor die Magaliesberge en omliggende platteland uit. 'n Funksie-venue is beskikbaar vir konferensies, vieringe en troues indien dit vooraf gereël word. Villa Baragha Country Estate verseker eksklusiwiteit en professionele diens deur een funksie per dag te hou. Ons sal 'n onvergeetlike funksie in enige van ons gelyste venue-areas reël. Of dit 'n elegante funksie in ons formele danssaal is, 'n informele braai in ons boma of 'n romantiese seremonie in die tuin, ons reël enige funksie, van groot tot klein.

Ons is naby verskeie toeristebesienswaardighede en die Hartbeespoortdam, winkelsentrums (Village Mall, Sebida Plaza), olifantpark en aappark, Magalies Mountain Spa, Chameleon Village en die mark, Upperdeck, verskeie restaurante, Jasmyn-plaasmark ens.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Spa-behandelinge
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Baragha Country Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za