Villa Borghesi

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Borghesi is 'n pragtige gastehuis wat lekker sentraal in Upington geleë is naby die Oranjerivier se oewer. Ons is naby die middedorp en 10 minute se ry van die lughawe af, ideaal vir sakereisigers. Dis ook ideaal om as basis te gebruik om besienswaardighede in die omgewing te verken.

Ons bied verblyf in 6 gerieflike, ruim en suite-kamers met privaat ingange. 2 van die kamers het elk 2 enkelbeddens, 1 kamer het 'n dubbelbed, 2 kamers het koningingrootte-beddens en 1 het ’n koninggrootte-bed. Geriewe in die kamer sluit die volgende in: lugversorging, sekere DStv-kanale, 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe en WiFi.

Villa Borghesi is naby verskeie restaurante en winkels. Die Kalahari Mall en Desert Palace Casino en Oord is net 15 minute van ons af. Die Eiland Oord, waar die Kalahari Kuierfees jaarliks plaasvind, is net aan die anderkant van die rivier.

Upington is 1 en 'n half uur se ry vanaf die Augrabies Nasionale Park wat spog met een Suid-Afrika se mees aanskoulike watervalle. Die landskap is baie dor, maar die grond is vrugbaar en landbou word hier beoefen. Die area is veral bekend vir sy uitvoerdruiwe, rosyntjies en wyn wat op die uiters vrugbare vloedvlaktes van die Oranjerivier verbou word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Borghesi gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za