Villa Camps Bay Views

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Camps Bay Views is ’n ideale basis vir ’n vakansie in Kaapstad. Dié luukse villa is in Kampsbaai geleë op die legendariese "Platinum Mile" wat naby aan alles is, en waar Kaapstad se Jet Set speel. Gaste is omring met Blouvlagstrande, en is naby die kabelkar en winkelsentrums.

Die villa is goed ingerig en huislik, met pragtige uitsigte vanuit elke venster. Villa Camps Bay Views spog met ononderbroke see-uitsigte aan die voorkant en die 12 Apostels-bergreeks aan die agterkant.

Die villa het ’n lieflike swembad, 2 sitareas en ruim onderdak-veranda. Die slaapkamers is groot en lugtig, elkeen het 'n en suite-badkamer en daar is oorgenoeg kasspasie. Die oopplan-kombuis is goed toegerus en aaneengeskakel met die eetarea, sitarea en balkon met asemrowende uitsigte oor Kampsbaai se strand en Leeukop.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Camps Bay Views sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits
  •  Spaans

Kamergeriewe

  •  Ondervloerse verhitting

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Camps Bay Views gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 500 per nag (plek vir 11)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]