LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Villa Finesse | LekkeSlaap
+148

Villa Finesse

32 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Versterstraat 1, Swartruggens, 2835, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Hier by Villa Finesse kan jy jouself behoorlik tuis maak! Ons bied die ideale oorslaapplek vir diegene op pad na of vanaf Namibië of Botswana.

Ons bekostigbare, skoon verblyf is 24 uur per dag oop en jy kan dus baie laat by ons aankom - selfs lank na middernag!

Ons is net 2 ure vanaf Johannesburg en 1 uur vanaf Botswana se grens - ideaal vir gaste wat vroeg deur die grenspos wil reis. Ons is ook reg langs die N4 wat deur die dorpie Swartruggens lei.

Verblyf is beskikbaar in 5 bekostigbare en-suite kamers. Elke kamer het gratis WiFi, lugversorging, 'n yskassie, 'n mini-mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe. Daar is ook 'n 54 cm TV met standaard SABC-kanale en 'n gedeelde DStv-kanaal. Linne, handdoeke en toiletware word voorsien. Verder is daar 'n strykyster en -plank en elektriese komberse in die wintermaande.

Gaste het direkte toegang tot die swembad en 'n uitsig oor die tuin. Daar is 'n stoepie waar gaste kan rook, braai en ontspan en die eenheid het 2 ingange ('n voordeur en 'n agterdeur). Borde, eetgerei, braaigeriewe, ens. is op versoek beskikbaar. Jy mag egter nie kosmaak in die kamers nie. Ons bied glad nie nie selfsorg-geriewe nie.

Onderdak-parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek is beskikbaar en ons bied uiters vriendelike diens!

Let daarop dat die bestuurder op die perseel woonagtig is.

Villa Finesse is minder as 'n uur se ry vanaf Sun City, Pilanesberg Natuurreservaat, Royal Bafokeng-stadion, Rustenburg, Koster, Ventersdorp, Lichtenburg, Groot Mariko en Zeerust.

Ons sien uit om jou hier te verwelkom. Ry asseblief versigtig!

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 32 resensies vir Villa Finesse
Netheid
4.3/5
Diens
4.0/5
Ligging
3.9/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Versterstraat 1, Swartruggens, 2835, Noordwes
  • Gaste dink Villa Finesse het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R500
per nag (plek vir 2)
Vanaf R500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Versterstraat 1, Swartruggens, 2835, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAyqAl4kcyAcnC5MmJ01PksNnVHWuLhV7Qu44lDjm3EAlxlFWxUh?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R500  per nag (plek vir 2) 32 5 1 5 1 Verster Street Swartruggens 2835 Noordwes 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -25.651966 26.683121
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!