Villa Lapama

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Lapama bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n indrukwekkende vakansiehuis teen die berg in Gordonsbaai. Dié drieslaapkamerhuis het pragtige see- en berguitsigte. Die perseel is enige natuurliefhebber se droom aangesien daar 'n oorvloed fynbos is.

Daar is 3 slaapkamers, elk met 'n pragtige uitsig, en 'n stoep met meubels op die intreeverdieping. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n instapkas, 'n stoep en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is 'n sitarea, eetarea, kombuis en 'n stoep met meubels op die onderste verdieping. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus.

Die kuierarea is op die grondverdieping en spog met 'n snoekertafel, Jacuzzi, kroegarea, randvloeiswembad, binne- en buite-eetarea en 'n TV-kamer vir die gesin. Die huis het kringklank in al die vertrekke, lugversorging, 'n TV in elke kamer, 'n wynkelder en 'n proelokaal.

Villa Lapama het 'n inslaaphuishulp wat die gaste sal verwelkom en sal seker maak dat die gaste die huis goed verken. Ruva is ook 'n uitmuntende kok indien gaste graag maaltye tydens hul verblyf wil ontvang.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Lapama sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Lapama gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R8 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za