Villa Majestic

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Majestic is waarlik pragtig! Dit is 'n selfsorg-villa wat spog met 'n ontsagwekkende ligging en onbeperkte see-uitsigte.

Die villa bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 dubbelslaapkamers. Elkeen front na die see en is uniek ingerig. Die eerste, tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n koninggrootte-bed, die vierde en vyfde slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed. Elke kamer het sy eie luukse en kontemporêre badkamer.

Die kombuis is volledig toegerus met moderne toebehore en dit beskik oor 'n aparte opwas. Die villa het 'n formele sitkamer en 2 TV-kamers, elkeen met 'n kaggel en 'n aparte eetkamer. Die eiendom het ook 'n supermoderne gimnasium met 'n stoomkamer.

Die asemrowende see-uitsigte word om elke hoek en draai beklemtoon en die vensters en deure wat na buite lei verseker ook lig en 'n trek deur die huis.

Die weergalose weelde word ook buite weerspieël deur die sirkelvormige swembad, sit- en eetareas.

Ekstra geriewe sluit personeelkwartiere, 'n wynkelder, ondervloerverhitting, lugversorging, 2 parkeerplekke en puik sekuriteit in.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Majestic sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Ondervloerse verhitting

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Wynkelder
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Majestic gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R45 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za