Villa Riviera 13

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 3 Jan 2020 tot 29 Feb 2020.

Beskrywing

Villa Riviera 13 is langs die Riviera Hotel aan die oewer van die Hartenbosrivier geleë. Die woonstel bied 'n pragtige uitsig op die rivier en seemonding. Die eenheid is opgeknap en baie netjies. Die tweeslaapkamerwoonstel is op die tweede verdieping met 'n leefarea op die groot stoep.

Albei slaapkamers het ingeboude kaste en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, 'n elektriese oond, 'n ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Daar is 'n platskerm-TV met DStv in die leefarea, asook 2 gemaklike rusbanke en 'n plat tafel. Die eetkamer is ruim met 'n groot tafel en 6 stoele. Daar is ook slaapplek vir 2 kinders in die TV-kamer indien nodig. Die stoep-area het ook 'n tafel, 'n sambreel en stoele.

Die hoofslaapkamer het ’n en suite-badkamer met ’n stort en toilet. Die tweede badkamer het ’n bad met toilet.

Daar is braaigeriewe voor op die gars van die villa teen die Hartenbos rivieroewer. Die eenheid kan ook die Riviera Hotel wat net langs die eenheid geleë is se geriewe gebruik soos 'n swembad, restaurant en 'n kroeg. Daar is 'n veilige motorhuis vir ‘n waentjie, fietse en visvang toerusting. Dit is nie groot genoeg vir 'n voertuig nie. Daar is wel ’n onderdak parkering vir ’n voertuig.

Die waterfront is stapafstand en het 'n inkopiesentrum met verskeie winkels, restaurants en kroeë. Hartenbos se kus is ideaal vir 'n heerlike vakansie. Die see is ook loopafstand van die eenheid.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Riviera 13 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Riviera 13 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 R1 148 per nag (plek vir 4)

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 3 Jan 2020 tot 29 Feb 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za