Village Mews 8

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 11 Jan 2020 tot 30 Nov 2020.

Beskrywing

Village Mews 8 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n woonstel met 2 slaapkamers in 'n veilige kompleks wat sentraal geleë is in Sedgefield. Die woonstel is ideaal vir 'n gesin of sakereisigers.

Die woonstel is op die boonste verdieping geleë en beskik oor 2 en suite-slaapkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die woonstel het 'n kluis, linne, badhanddoeke, ekstra en komberse. Gaste word versoek om hul eie strandhanddoeke saam te bring.

Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond, wasmasjien en 'n ontbyttoonbank toegerus. Daar is 'n koffiemasjien en 'n tafel met stoele. Die leefarea het 'n TV met DStv, asook die opsie vir 'n OVHD-dekodeerder, en toegang tot 'n balkon. Die balkon kyk uit oor die N2.

Sap en beskuit word met aankoms voorsien, asook komplimentêre koffie, suiker en tee. Handseep, stortseep en sjampoe met opknapper word ook in elke badkamer voorsien. Ander geriewe wat op die perseel beskikbaar is sluit 2 draagbare waaiers, 'n haardroër, strykyster, warmwatersakke, 'n verwarmers, skoenstaander, speletjies soos Uno, domino's en Monopoly, asook 'n versameling leesboeke. Onbeperkte WiFi is beskikbaar aan gaste wat 5 nagte of langer bly.

Die woonstel is ideaal vir 'n klein gesin of sakereisigers. Sedgefield is sowat 37 km van George af en sowat 25 km van Knysna af. Doendinge in die omgewing sluit Wild Oats Organic Market elke Saterdagoggend, gholf, avontuursport, fietsry en voetslaanroetes in.

Slaapplek

'n Bespreking by Village Mews 8 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Village Mews 8 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 R1 080 per nag (vir 6 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 11 Jan 2020 tot 30 Nov 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za