Vinho Verde
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Maraisstraat 38, Franskraal, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R4 330 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Vinho Verde is 'n selfsorgvakansiehuis reg langs die see in die rustige kusdorp Franskraal naby Gansbaai. Hierdie bekoorlike huis spog met 'n pragtige uitsig oor die see en is slegs 'n entjie se stap vanaf die klipperige kuslyn.
Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 smaakvolle slaapkamers, 4 badkamers en 2 oopplan-kombuise, -eetareas en -sitareas. Die hoofslaapkamer op die boonste verdieping het 'n see-uitsig, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n spa-bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer op die grondverdieping het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Dit lei ook na 'n klein balkon met 'n see-uitsig. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Dit spog ook met direkte toegang tot die Jacuzzi en kuierarea. Die vierde slaapkamer is 'n aparte kothuis met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet, en dit ook toegang tot die Jacuzzi. Daar is nog 'n gastebadkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet op die onderste verdieping.
Die kombuis op die grondverdieping is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, basiese eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër in die aparte opwaskamer. Die ruim sitarea het gemaklike sitplek, 'n TV met die volle DStv-pakket en 'n pooltafel.
Daar is nog 'n TV-area met gemaklike rusbanke op die boonste verdieping en daar is ook 'n ingeboude braai-area. Die kombuis op die boonste verdieping is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met 6 stoele en 'n kroeghoekie wat na die stoep lei.
Die groot balkon is met kunsgras bedek en het 'n sambreel vir skadu. Die huis het ook veilige parkeerplek vir 2 voertuie, gratis ekstra parkeerplek op die perseel en 'n alarmstelsel.
Hierdie deel van die Wes-Kaap se kuslyn is rotsagtig en rou met uitstekende geleenthede vir visvang, haaihokduik, diepseeduik en snorkel vir diegene wat die kleurvolle oorvloed van fauna en flora onder die see wil sien. Die lang, pragtige strande is ideaal vir swem en stap.
Slaapplek
’n Bespreking by Vinho Verde sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Corné Geverifieer
Eiendomme 53
Resensies 27
Jaar gelys 2
Ligging
- Maraisstraat 38, Franskraal, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Vinho Verde het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Franskraal Gansbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Maraisstraat 38, Franskraal, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom